Inwoners van Rehoboth kla oor water
Sowat 200 inwoners van Blok E op Rehoboth het vandag tydens ‘n protesoptog op die dorp hul misnoeë met die beweerde swak bestuur van die dorpsraad te kenne gegee.
Die groep beswaardes kon egter nie ‘n petisie aan die waarnmende uitvoerende hoof, mnr. Johannes Ipinge, oorhandig is nie, omdat hy verpligtinge op Mariental gehad het.
Volgens die groepleier mnr. Gregory Louw, moet die inwoners vir die laaste twee weke sonder water klaarkom, nadat die raad die watertoevoer weens hoë waterrekeninge na die meeste huise afgesny het.
Louw het voorts gesê die watertoevoer is afgesny voordat die inwoners die geleentheid gegun is om reëlings met die dorpsraad te tref. Die dorpsraad dring aan 30% van die totale skuld moet betaal word voor die watertoevoer herstel word.
Nog griewe deur die beswaardes sluit onder meer ‘n gebrek aan ‘n brandweerstasie en voldoende sanitasie in, asook die verwydering van vullis wat nie op ‘n gereelde basis gedoen word nie. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie