Inwoners kla oor kwarantyn
Henriette Lamprecht – Verskeie inwoners van Hentiesbaai het kommer uitgespreek oor kwarantyngeriewe wat buite die dorp ingerig is wat tans nog geen gevalle van Covid-19 aangemeld het nie.
Die dorp het verskeie bejaarde inwoners en word as buiten ’n vakansiebestemming ook as ’n gewilde aftreedorp beskou.
Volgens ’n bejaarde inwoner van die dorp word die National Youth Centre se opleidingsentrum noordoos van die dorp sedert verlede week as kwarantyngeriewe gebruik. ’n Huis wat aan die munisipaliteit behoort en beskikbaar gestel is aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), word glo deur personeel betrokke by die kwarantyngeriewe gebruik.
Die huis is op die hoek van Seemeeustraat regoor die Wallace Theron Frail Care Unit waar verswakte bejaardes gehuisves en besorg word. Die sentrum het reeds hul deure vir besoekers gesluit en laat personeel inwoon om inwoners en hul versorgers teen moontlike blootstelling aan Covid-19 te beskerm. Die sentrum is nie omhein nie.
Die inwoner sê mense 60 jaar en ouer is volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) ’n hoërisikogroep vir die siekte.
“Hentiesbaai se inwoners val oor die algemeen in hierdie kwesbare kategorie, met die inwoners van die sentrum wat die heel kwesbaarste is,” het hy gesê.
Volgens hom moet die motiewe van die munisipaliteit bevraagteken word om die betrokke huis by die sentrum beskikbaar te stel.
“Dit vir ’n groep wat heen en weer tussen die kwarantyngeriewe en die dorp beweeg. Hoe beskerm ons ons mense?”
Hy sê voorts Hentiesbaai is tot op hede en ten spyte van die hoë ouderdom van ’n groot deel van sy inwoners, vry van enige Covid-19-gevalle. Die hoofrede volgens hom is omdat die dorp “kilometers ver” van dorpe soos Swakopmund en Walvisbaai is wat die episentrum van die pandemie in Namibië is.
“Nou wil die regering moontlike gevalle in kwarantyn plaas nader aan die dorp en die munisipaliteit dink dit goed om huisvesting aan die betrokke personeel te verskaf reg langs die mees kwesbares in die dorp. Dit is totaal onverantwoordelik.”
Volgens die inwoner doen gerugte ook op die dorp die rondte dat ’n man wat tans onder kwarantyn in die jeugsentrum is, na bewering die naweek in die Omdel-woonbuurt op die dorp gaan drank soek het.
Die waarnemende uitvoerende beampte van die Hentiesbaaise munisipaliteit, mnr. Mahne Kruger, het alle navrae na die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste verwys.
Die uitvoerende direkteur van MoHSS, mnr. Ben Nangombe, het teen druktyd gisteraand nie gereageer op navrae oor hoeveel mense tans by die jeugsentrum in kwarantyn is en vir hoeveel mense in kwarantyn dit bestem is nie. Die mediese hoofbeampte van die streek se gesondheidsdirektoraat, dr. Amir Shaker, het navrae na MoHSS se woordvoerder verwys omdat hy in vergaderings was.
Me. Anna Jonas, direkteur van gesondheid in die Erongostreek, het by navrae per SMS bevestig 45 mense word tans in die geriewe buite Hentiesbaai gehuisves.
Die jeugsentrum het laas in 2017 ’n inname van studente gehad. Dit is in April 2014 geopen vir studente vir onderrig in onder meer die rigtings van gasvryheid, loodgieter en kantooradministrasie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie