Inwoner kla oor gemors by Seeis-padblokkade

27 April 2020 | Polisie
Ronelle Rademeyer



Die polisiebeampte in beheer van die padblokkade by Seeis, hoofinsp. Hafeni Shikongo, het Vrydag onderneem om die polisie- en weermaglede wat daar diens doen, aan te spreek oor onhigiëniese optrede wat inwoners van dié nedersetting in gevaar kan stel.

Dit volg nadat me. Liesie Herle, wat op 'n kleinhoewe boer waarvan die grensdraad reg teen die padblokkade geleë is, haar kommer oor die optrede van die polisiemanne en soldate uitgespreek het.

“Ons het gesigmaskers en rubber­handskoene in die veld opgetel. Verder gebruik die mense wat die padblokkade beman ook nie die drie chemiese toilette wat vir hulle hier geplaas is nie, maar loop hul draaie in die veld.” Sy sê die toiletpapier waai die wêreld vol.

Volgens haar het sy selfs vir hulle 'n asdrom gegee waarin hulle gebruikte maskers en handskoene kan weggooi.

Shikongo, wat by die polisiekantoor by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako gestasioneer en in bevel van dié padblokkade is, het gesê hy was nie bewus van hierdie klagtes nie.

“Sy het by die Seeis-polisiekantoor gaan kla, maar hulle is nie in beheer van die padblokkade nie,” het hy gesê toe Republikein die ­padblokkade Vrydag besoek het.

Hy het onderneem om opdrag te gee dat hierdie optrede dadelik gestaak word. - [email protected]

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

3 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

3 ure gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

3 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

3 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

3 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

3 ure gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

3 ure gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

3 ure gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

3 ure gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...