Investec: Anisha Gordhan was ‘gewone’ werknemer
Elvira Wood – Anisha Gordhan, dogter van Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, was ’n gewone werknemer en het nie enige voorkeurbehandeling ontvang toe sy vir Investec gewerk het nie.
Volgens ’n verklaring van Investec Woensdagaand het sy van 2007 tot 2016 in die afdeling vir private ekwiteit gewerk.
Dié afdeling is toe in Investec Equity Parntners geïnkorporeer.
Sy was ’n werknemer van dié maatskappy tot sy in 2017 bedank het.
“Sy is as ’n werknemer van die maatskappye – eers by Investec se ekwiteitsafdeling en toe Investec Equity Partners – in die direksie aangestel.
“Me. Gordhan was ’n nie-uitvoerende direkteur en nie ’n direkte aandeelhouer in hierdie entiteite nie. Sy het geen direkte vergoeding of betaling hiervoor ontvang nie.
“Me. Gordhan het luidens haar kontrak vergoeding van haar werkgewer ontvang,” sê die bank in die verklaring.
Pravin Gordhan en sy dogter het die afgelope week onder skoot gekom toe die EFF haar daarvan beskuldig het dat sy haar verwantskap met haar pa gebruik het om staatstenders te bekom.
Die EFF het beweer dat sy 11 direkteurskappe het, insluitende die in Vox Telecommunications en dat sy voordeel getrek het uit R80 miljoen deur staatskontrakte.
Gordhan het die EFF gewaarsku om nie sy familie “kwesbare teikens” te maak nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie