Invalshoek - Vergoeding vir uitsette
Invalshoek - Vergoeding vir uitsette

Invalshoek - Vergoeding vir uitsette

Rudi Koekemoer
Rudi Koekemoer - Die afgelope tyd het werkersunies in verskeie sektore opnuut spiere gebult in hul aandrang op irrasioneel hoë verhogings.

Eise wissel van nege tot twintig persent. Dit stel my teleur as dienaars in die openbare sektor, wat reeds kompeterend vergoed word en goeie voordele geniet, aandring op verhogings ver bo die inflasiekoers.

Die inflasiekoers in Namibië ry tans bietjie wipplank en was 3,9 persent in Junie 2019 terwyl dit in Mei 4,1 persent was. Dit beteken dat die openbare sektor se eis vir verhogings vyf persent hoër as inflasie is.

Wat hierdie verwagtinge meer kommerwekkend maak, is dat dit juis die openbare sektor is wat veronderstel is om te weet die Namibiese ekonomie is teen die toue. Die staat moet daagliks die resessie se houe afweer.

Dan is daar die aspek van dankbaarheid dat jy wel ‘n werk het. Drie-en-dertig persent van ons land se produktiewe bevolking is werkloos en krepeer weens armoede.

Ek weet van sakelui wat die jaar geen verhogings kon bekostig nie, wat nog te sê van ‘n inflasie-aanpassing van vier persent. Verskeie bedrywe lê daagliks mense af weens die erosie van die ekonomiese basis.

Die ander faktor wat ook in ag geneem moet word, is dat staatsamptenare se salarisrekening byna vyftig persent van die totale land se inkomste uitmaak. Daar is begroot vir ‘n N$28 miljard salarisrekening teenoor ‘n totale nasionale begroting van N$62 miljard vir 2019. Hierdie koste verteenwoordig ‘n jaar-op-jaar verhoging van 15 persent (vanaf N$24 miljard in 2018). Die persentasie is selfs meer indien die salarisrekening bereken word as ‘n persentasie van totale bedryfsuitgawes.

‘n Plaaslike navorsingspan het bereken die salarisrekening het in die 2016-'17 finansiële jaar 88 persent van bedryfsuitgawes uitgemaak. Dit verg nie ‘n analis om tot die logiese afleiding te kom dat die koste nie volhoubaar is nie.

Hoe regverdig ‘n mens die dreigement van stakings indien daar nie gehoor gegee word aan salarisverhogings ver bo inflasie nie? Is ons nie veronderstel om ‘n langtermyn patriotiese fokus te hê en eerder nou ‘n bietjie op te offer sodat ons land se ekonomie weer kan herstel en die wonde kan genees nie?

Myns insiens is ons huidige vergoedingstelsel, waarin mense ‘n vaste salaris ontvang, uitgedien. Die feit dat ek N$20 000 per maand betaal word en daagliks agt ure op kantoor spandeer beteken nie dat ek produktief is en waarde toevoeg nie.

Daar is ‘n swak verhouding tussen tyd en produktiwiteit. Ek weet van mense wat in vier ure meer uitsette lewer as sommige wat vir agt ure agter 'n lessenaar die tyd verby wens om na persoonlike dinge te gaan omsien.

Het dit nie tyd geword dat ons mense vir uitsette betaal nie?

Jy kan selfs vir ‘n klerk ‘n daaglikse doelwit stel om ten minste twintig aansoekvorms, met die regte kwaliteit, volledig te voltooi om sy salaris te verdien. Indien hy meer aansoekvorms as die minimum vereiste voltooi, word dit gesien as ‘n prestasie en kan die persoon in aanmerking kom vir spesiale erkenning.

Dieselfde beginsel geld vir verkoopsmense wat vir kommissie werk. Hoe harder jy werk, hoe meer verdien jy.

Die teenoorgestelde is ook waar. Jy gee jou eie pas aan, maar moet verstaan dat indien jy nie kwaliteit diens lewer nie, en nie die minimum vereiste behaal nie, jy nie die nodige verdienste en erkenning gaan kry nie.

Kan jy jouself indink as al 110 000 staatsamptenare in die toekoms vir uitsette betaal gaan word, watter impak dit op produktiwiteit en dienslewering gaan hê. Indien die land se ekonomie met nege persent jaar op jaar gegroei het, sal dit mos nie ‘n probleem wees om werkers ‘n nege persent verhoging te gee nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!