• Tuisblad
  • Menings
  • Invalshoek - Kultuur van dissipline en verantwoordbaarheid
Invalshoek - Kultuur van dissipline en verantwoordbaarheid
Invalshoek - Kultuur van dissipline en verantwoordbaarheid

Invalshoek - Kultuur van dissipline en verantwoordbaarheid

Dani Booysen
Rudi Koekemoer - Dit is vir my ‘n verrykende ervaring om soms in my boekrak rond te snuffel tussen al die boeke wat ek gedurende my loopbaan bymekaar gemaak het. Telkens stof ek ‘n juweeltjie af wat oor wyshede beskik wat steeds relevant is vir die tye waarin ons leef.

Ek het sowat twaalf jaar gelede die werke van Jim Collins begin aanskaf. Hy het groot opspraak gemaak met sy eerste boek, Good to GREAT, wat deel van die moderne leierskapleksikon geword het. Collins het later opvolgboeke geskryf getiteld Built to Last, Great by Choice en How the Mighty Fall.

Laasgenoemde twee boeke, veral How the Mighty Fall, vind weerklank in die huidige ekonomiese skeurvallei.

Die vraag wat Collins gevra, en probeer beantwoord het, was: Hoekom oorleef sekere maatskappye altyd die ekonomiese storms, selfs oor dekades heen, maar ander nie?

Na deeglike navorsing oor van die grootste maatskappye in die wêreld het hy in Great by Choice tot die volgende gevolgtrekking gekom. Dit is ‘n cliché dat verandering die enigste konstante faktor is, maar volgens Collins is dit die maatskappye wat die dissipline gehad het om nie tydens ‘n krisis enige verandering aan hulle kernbeginsels te maak nie wat die storm oorleef het.

Dit is menslik om tydens ‘n krisis spanning te ervaar. Dan wil mens iets verander om die spanning te verlig. Tydens die storms van die lewe maak 'n mens gewoonlik die grootste veranderinge.

Collins het bevind leiers met die dissipline om hulle spanne te vra om behoudende beginsels na te kom, waardes wat die besigheid in die eerste plek suksesvol gemaak het, slaag met ondernemings se oorlewing. Besighede wat hul kernbeginsels verander het, oorleef nie.

Dus is daar wysheid in om meer konserwatief tydens moeilike tye te wees. Haal diep asem en oorleef eers die storm voor veranderinge oorweeg word.

Collins verwys na ‘n huisleningsmaatskappy wat in 1938 tot stand gekom het en miljarde se omset gehad het. Die onderneming se sukses was aan hul streng kredietevalueringsvereistes. In 2006, in aanloop tot die finansiële krisis, het die besigheid begin markaandeel verloor. Die direksie het onder geweldige druk van aandeelhouers gekom om die winsgrens te behou.

Die direksie het die radikale, strategiese besluit geneem om markaandeel te groei ten koste van tradisioneel streng kredietbeginsels. Kredietvereistes is verslap om meer verkope te doen en huislenings is toegestaan aan mense wat normaalweg nie daarvoor sou kwalifiseer nie omdat hulle reeds te veel skuld gehad het.

Die maatskappy was bereid om die risiko te aanvaar om aandeelhouers gelukkig te hou. Weens die finansiële krisis in 2008 het 'n groot persentasie van hul leningsboek in slegte skuld verander omdat kliënte nie meer hul lenings kon betaal nie. Uiteindelik het die besigheid se skuldlas te groot geword en moes hulle na sewentig jaar van sukses hul deure sluit.

Collins se gevolgtrekking was ongedissiplineerde, interne, strategiese besluite het die besigheid se ondergang bewerkstellig en nie die ekonomiese krisis of ander eksterne faktore nie. Leiers se besluite het die maatskappy gekelder.

In Namibië voer staatsinstellings byna daagliks redes vir mislukkings aan. Die realiteit is dat eksterne faktore nie die werklike rede vir 'n gebrek aan sukses is nie. Ongedissiplineerde, verkeerde strategiese besluite, of die nalaat om strategiese planne te implementeer, veroorsaak dat instansies hulself sistematies vernietig.

Ons grootste uitdaging is om etiese leiers, met sakevernuf, aan die stuur van Namibiese instansies te plaas wat verantwoording kan doen oor interne besluite. Ons kan nie meer langer verskonings aanvaar vir die byna eenhonderd staatsinstellings wat gereeld verskonings braak vir hul onvolhoubaarheid en groter finansiële las op die belastingbetalers plaas nie.

Ons moet ‘n kultuur van dissipline en verantwoordbaarheid op alle vlakke van ons samelewing kweek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.67/OZ UP +0.34% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.42% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.15/BBP UP +0.28% | Platinum US$ 911.73/OZ DOWN -0.0045 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.67/OZ UP +0.34% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.42% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.15/BBP UP +0.28% | Platinum US$ 911.73/OZ DOWN -0.0045