Invalshoek - Die waarde van erkenning
Rudi Koekemoer - Elkeen van ons het al ‘n “Blou Maandag” beleef waarop jy net met die verkeerde voet uit die bed opgestaan het.
Jou sinusse is verstop, want die wind het deurnag allerhande mikroskopiese stowwe deur die venster gewaai. Nou sukkel jy om die kontaklense in jou geswelde oë te kry. Jy voel nie jouself nie en dan het die kinders nog boonop verslaap.
Jy moet dan skarrel om al die monde te voed en seker te maak almal kom by die regte bestemmings, op die regte tyd uit. Jy haas jou na die kantoor en kom so vyf minute laat en kry die koue skouer van die bestuurder wat nie eintlik iets sê nie, maar sy gesigsuitdrukking spreek boekdele. Jy kom in jou kantoor en voor jy die rekenaar kan aanskakel, kom daar ‘n oproep deur van ‘n ontevrede kliënt. . .
Wanneer 10:00 aanbreek, sit jy terug in jou stoel, haal diep asem en besluit jy verdien ‘n koppie vars koffie. Jy stap na die personeel se kombuis en sien daar is sopas ‘n vars fles koffie gebrou. Lafenis!
Terwyl jy die aroma van die koffiebone geniet, stap ‘n kollega van ‘n ander afdeling in en skink ook ‘n koppie koffie. Sy draai na jou en uit die bloute bedank sy jou opreg dat jy haar gister met ‘n verslag gehelp het. Jy voel hoe jou gemoed verander. Beide van julle glimlag en julle klets vir die volgende tien minute.
In ‘n oomblik het jou “Blou Maandag” soos mis voor die son verdwyn en jy voel opgewek en gemotiveerd om die res van die dag aan te pak.
Elke mens, maak nie saak wat jou herkoms, kwalifikasie en status in die lewe is nie, het die behoefte aan erkenning. Dit is vir ons belangrik om erken te word vir ons unieke persoonlikheid, gawes en bydrae wat ons tot werk, familie, gemeenskap en die lewe oor die algemeen maak.
Dit motiveer en inspireer ons om harder te werk, om meer te doen en om deursettingsvermoë te toon, selfs wanneer ons deur moeilike tye gaan. Die mens is ‘n emosionele wese en daarom is dit belangrik om aansporing te ontvang en om so af-en-toe ’n "dankie" te ontvang.
Die sakewêreld ontwikkel komplekse bonusskemas en prestasiebestuursprogramme om aan die einde van ‘n finansiële jaar vir iemand ‘n bepaalde finansiële bonus, gebaseer op ‘n glyskaal, te kan toestaan. Die probleem hiermee is dat mense vir twaalf maande slaafs sekere doelwitte nastreef, sonder dat daar deur die loop van die jaar net “dankie” gesê word vir die harde werk en toewyding. Dit is byna asof die finansiële bonus aan die einde van die jaar vir alles sal opmaak en dat werkers maar net tevrede moet wees dat hulle ‘n werk het.
Talle navorsingstudies het getoon dat “menslike leiers” wat daagliks met hulle spanlede gesels, deurentyd terugvoering gee oor hulle vordering, vra vir idees, oop is vir terugvoering en erkenning gee op die regte tyd, gewoonlik gemotiveerde en gelukkige spanlede het, wat selfs nog harder sal werk. Inteendeel, daar is oorweldigende bewyse dat finansiële erkenning se impak van korte duur is en dat nie-finansiële erkenning soos om erkenning voor jou spanlede te ontvang vir goeie werk gelewer, sertifikate, medaljes, of enige ander trofee-tipe gebaar, met bepaalde emosies gepaard gaan en daarom onthou mense dit langer.
Mense kan selfs stories vertel van wanneer, en by wie, hulle die sertifikaat of trofee ontvang het. Emosies, saam met ‘n aksie, word gewoonlik in die geheue vasgelê.
Ja, dit is altyd goed om ‘n kombinasie van finansiële en nie-finansiële erkenning te ontvang, maar moenie die impak van deurlopende erkenning, op die regte tyd, onderskat nie. Probeer dit bietjie.
Wanneer jy weer iemand sien wat ‘n Blou Maandag beleef, sê iets opreg positief vir hulle en kyk dan wat jou erkenning tot gevolg het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie