Internet in almal se belang
Die ministerie het rolspelers byeengebring om die toekoms van die wêreldwye web in Namibië te oorweeg.
Augetto Graig - Verlede Donderdag was die internasionale dag vir wêreldwye toegang tot inligting.
Dit was ook die tweede en laaste dag van 'n konferensie wat deur die Namibiese internetbestuurforum gehou is.
Die geleentheid het by die Safari Court-konferensiesentrum in Windhoek plaasgevind, was die eerste in sy soort en is deur die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie gereël. Kwessies soos openbare beleid met betrekking tot volhoubaarheid, veiligheid en ontwikkeling van die internet in Namibië is onder meer bespreek.
Met die aanvang van die konferensie het die minister, mnr. Tjekero Tweya, gesê: “Die internet is belangrik in terme van sy hoedanigheid as platform vir betekenisvolle politieke, sosiale en ekonomiese betrokkenheid.
“Die kwessie van hoe, hoekom en deur wie die internet beheer word, het ook 'n aansienlike oorweging geword vir beleidmakers, ekonomiese belanghebbendes en rolspelers van die burgerlike samelewing. Ons almal het 'n belang in die internet.”
Die minister het gesê hy is bly Namibië het 'n veelsydige benadering tot die internet, met 'n regmatige, deursigtige en oop proses vir alle deelnemers. Dit sluit bewustelik 'n verskeidenheid belanghebbendes van die bedryf, die burgerlike samelewing, regerings, tegniese kundiges en akademiese gemeenskappe in.
Hy sê dit is noodsaaklik vir 'n klein, oop, ontwikkelende land soos Namibië om sy stem te laat hoor en om hom uit te spreek oor internetbestuurkwessies wat hom direk raak.
By die opening van die tweede dag se aktiwiteite het mnr. John Walters, hoofspreker en ombudsman, deursigtigheid, aanspreeklikheid en die belang van toegang tot inligting bespreek.
Namibië se grondwet verseker nie uitdruklik burgers se reg op toegang tot inligting nie, dus versoek Walters 'n wet wat dit sal waarborg.
Volgens hom sal sulke wetgewing lei tot meer toegang tot amptelike inligting. Ook as die werking daarvan die ombudsman se verantwoordelikheid is, sal dit beter toegang tot amptelike inligting en die onafhanklike hersiening van amptelike administratiewe gedrag verseker.
“Ons sal 'n administrasie hê wat verantwoordbaar is sodra die kultuur van geheimhouding vervang word met 'n kultuur van openlikheid en deursigtigheid,” het hy gesê.
Mnr. Milton Louw, van die Namibia Consumer Protection Group (NCPG), het die belang van deelname van die privaat sektor, welsynorganisasies, die regering, die tegniese gemeenskap, die jeug, geleerdes en verbruikers in die bepaling van die toekoms van internetbestuur in Namibië benadruk.
Die huidige bestuurspan vir die Namibiese internetbestuurforum se voorsitter is mnr. Frederico Links.
Hy lei die poging om deur middel van dié konferensie die land se eerste nasionale en streeksinisiatief (NRI) op die been te bring.
Die NRI sal dan 'n rol daarin speel om te verseker Namibië se internetbestuurforum word erken deur die Verenigde Nasies se internetbestuurliggaam.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie