Internasionale politiek is nie vir heethoofde
Internasionale politiek is nie vir heethoofde

Internasionale politiek is nie vir heethoofde

Niémand wen ooit ’n handelsoorlog nie, leer die geskiedenis ons.
Leopold Scholtz

Die internasionale politiek is ’n buiten­gewoon moeilike terrein. As jy nie by wyse van spreke soos ’n goëlaar vyf balle tegelyk in die lug kan hou nie, is die kans goed dat dinge verkeerd loop.

Dís wat tans met pres. Donald Trump se manhaftigheid gebeur. Op minstens drie terreine – Iran, China en Noord-Korea – ontwikkel sake in ’n verkeerde rigting.

Iran dreig om die verryking van uraan te hervat omdat Trump (ondanks ’n internasionale verdrag) skerp sanksies teen Iran ingestel het. Trump beweer dat Iran in weerwil van die ooreenkoms voortgaan met die ontwikkeling van kernwapens, en dat hy ’n destabiliserende rol in die Midde-Ooste speel.

Volgens die finale arbiter oor die ooreenkoms, die Internasionale Atoomenergieagentskap, het Iran nié die verdrag verbreek nie. En ofskoon dit waar is dat Iran destabiliserend in die streek optree, is dit ook die geval met ’n Amerikaanse bondgenoot, Saoedi-Arabië, teen wie géén sanksies ingestel word nie.

Waarskynlik om sy dreigemente gewig te gee, is ’n Amerikaanse vliegdekskip en bomwerpers na die Persiese Golf gestuur. Dís die praktiese gevolg van ’n proses waarin Iran meen hy word te ver gedryf. Ná dese is die Midde-Ooste verder as ooit van stabiliteit.

MARKTE REAGEER PANIEKERIG

Terselfdertyd dreig Trump om invoertariewe op Chinese produkte ter waarde van US$200 miljard te verdubbel en nuwe tariewe op ander produkte te hef. Dít nadat die twee lande glo goeie vordering gemaak het in die soeke na ’n kompromis om ’n handelsoorlog te vermy.

Niémand wen ooit ’n handelsoorlog nie, leer die geskiedenis ons. Bowendien het die markte paniekerig op die Trump-dreigemente gereageer, en miljarde dollars is oornag uitgewis.

Ten slotte het alle sprake van ’n dialoog tussen Amerika en Noord-Korea in duie gestort. Amerika het nou selfs pogings gestaak om die stoflike oorskotte van Amerikaanse soldate wat in die Koreaanse Oorlog (1950-’53) gesneuwel het, uitgelewer te kry.

In al dié gevalle is daar geen sprake van goeie ouens teenoor slegtes nie. Alle kante dra skuld, as daar hoegenaamd sprake van skuld is. Wat al drie gevalle illustreer, is dat jy behoorlik ingelig, pragmaties en geduldig moet wees as jy jou in die internasionale politiek begeef. Jy moet sowel jou eie as jou opponent se sterk en swak kante goed begryp, en weet hoeveel beweegruimte daar vir elkeen is.

Daar wás in die verlede staatsmanne wat hieraan voldoen het, byvoorbeeld Otto von Bismarck, eerste rykskanselier van die verenigde Duitsland, dr. Konrad Adenauer, eerste bondskanselier van Wes-Duitsland ná die Tweede Wêreldoorlog, en dr. Henry Kissinger, Amerikaanse minister van buitelandse sake in die jare 70 van die vorige eeu.

Helaas word die huidige wêreld nie gekenmerk deur sulke reuse nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.44/OZ UP +0.33% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.56% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.99/BBP UP +0.11% | Platinum US$ 910.75/OZ DOWN -0.0056 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.44/OZ UP +0.33% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.56% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.99/BBP UP +0.11% | Platinum US$ 910.75/OZ DOWN -0.0056