Internasionale Biodiversiteitdag mu00f4re herdenk
Internasionale Biodiversiteitdag mu00f4re herdenk

Internasionale Biodiversiteitdag môre herdenk

Francoise Steynberg
Internasionale Biodiversiteitdag word jaarliks op 22 Mei volgens die Verenigde Nasies se Konvensie oor Biologiese Diversiteit (UNCBD) herdenk.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, sal daar vanjaar weens die Covid-19-pandemie geen spesiale, amptelike funksie wees om dié dag te vier nie.

"Die Covid-pandemie het ernstige gevolge vir Namibië se toerisme- en bewaringsektor en die land se ekonomie. Die toerismesektor leun swaar op internasionale toeriste wat Namibië se natuurskoon geniet," het Muyunda gesê.

"Sowat 70% van Namibiërs is afhanklik van die biodiversiteit en natuurlike hulpbronne."

Vanjaar se tema is "Our solution are in Nature" en volgens Muyunda word Namibiërs en die wêreldgemeenskap aangemoedig om tydens die krisis met dié tema na oplossings vir die pandemie te soek.

"Plaaslike en internasionale navorsers word aangemoedig om binne ons biodiversiteit na 'n kuur vir die virus te soek," het hy gesê.

Muyunda doen 'n beroep op Namibiërs om hulle te weerhou van onvolhoubare praktyke soos stropery en dit te veroordeel.

"Stropery, veral van renosters en olifante, is een van die grootste bedreigings vir ons biodiversiteit en die onwettige oes van hout bedreig ons woud-ekostelsels."

Ander uitdagings is rommelstrooiery, besoedeling, die vernietiging van die habitat deur onder meer sandmyne, verwoestyning weens klimaatsverandering, grondagteruitgang weens onvolhoubare grondgebruik en die onvolhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne.

"Namibië skep deurentyd nuwe beleide en verbeter bestaande beleide om die positiewe impak op die ekonomie, samelewing en die omgewing te verseker," sê Muyunda.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A