Inskrywings vir Afrikaans-Ekspo nou oop

31 March 2021 | Kuns en vermaak
Die tyd het weer aangebreek vir die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se jaarlikse Internasionale Afrikaans-Ekspo, met Afrikaanse boeke as tema vanjaar.

Die FAK se Internasionale Afrikaans-Ekspo is ’n opwindende skryf- en kreatiewe kunstekompetisie wat fokus op leerlinge se kreatiewe gebruik van Afrikaans.

Dit is pret vir leerlinge om deel te neem, maar hulle ontvang ook hulp met hul skryfproses deur die terugvoering wat hulle van die beoordelaars ontvang.

Die kompetisie word vanjaar vir die vyfde keer aangebied.

Leerlinge staan ‘n kans om groot geld vir hulself en vir hul skole te wen. Die skool met die grootste deelname staan ’n kans om N$10 000 te wen en die junior en senior algehele wenners ontvang elk N$2 000 en hul skool ontvang ook N$2 000!

Die Ekspo bestaan uit agt kategorieë, waar onder dagboekinskrywings, resensies, opstelle, kortverhale, poësie, voordrag, fotografie en kuns (skilderkuns en tekenkuns) waarin leerlinge hul kreatiwiteit – ofte wel liefde vir boeke – kan uitleef.

Stof dus jou kamera af, haal die verfkwaste uit en maak daardie potlode skerp om jou reis met boeke uit te beeld of vertel ons in ’n opstel, resensie of opstel hoekom boeke jou so na aan die hart lê.

Danie du Toit, sanger van Spoegwolf, beoordeel vanjaar die poësie-afdeling.

“Ek wil baie graag nuwe Afrikaanse gedigte lees. Skryf in!”

WIE KAN DEELNEEM?

Alle graad 1- tot 12-leerlinge in Suid-Afrika en Namibië asook enige land ter wêreld waar Afrikaans as moedertaal of nie-moedertaal gebruik of bestudeer word, kan gratis deelneem.

Gr. 1- tot 5-leerlinge kan aan skilderkuns, poësie en voordrag deelneem, terwyl die res vir al die kategorieë mag inskryf. Jy mag ook aan meer as een kategorie deelneem.

Skryf aanlyn in by ekspo.fak.org.za. Inskrywings sluit op 12 Julie 2021.

Soortgelyk

 

Geen borg vir ‘tref-en-trap-lorriedrywer’

5 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die vragmotorbestuurder wat glo Sondagaand ’n voetganger langs die B2-hoofpad by Okahandja doodgery en weggejaag het, bly in aanhouding. Mnr. Efraim...

Komsberg, juweel in Namibië se landboukroon

5 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer – “Ons wil nie die grootste plaas in Namibië wees nie, maar ons streef daarna om die beste plaas te wees en die...

Drie in hof oor horing in kattebak

5 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Drie vermeende renosterhoringsmokkelaars het Maandag in die landdroshof op Ondangwa verskyn en is borgtog geweier. Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan,...

Werk vir strydkinders: appèl teen uitspraak glo oorweeg

5 ure gelede | Howe

Ogone Tlhage – Die Namibiese Vereniging vir Kinders in Ballingskap (NEKA) kan regsaksie neem teen ’n hoërhofbeslissing teen ’n kabinetsbesluit tersyde gestel het dat werksgeleenthede...

Konsortium-Merino ideaal vir intensiewe toestande

5 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - Die Namibiese kleinveebedryf word nie met intensiewe produksiestelsels vereenselwig nie en wolskape soos Merinos is nie ’n ras wat jy aldag op...

Johannes Motinga on benefits of mentorship

5 ure gelede | Byvoegsels

Hendrik Motinga, an Agribank mentee and loan beneficiary under the Affirmative Action Loan Scheme, quit his formal job as a labour inspector ten years ago...

SA het genoeg kos, maar dis te duur

5 ure gelede | Byvoegsels

Riana de Lange - Stygende voedselpryse, met sekere voedselitems waarop veral armer huishoudings staatmaak wat tussen 5% en 35% duurder is as ses maande gelede,...

Kronkelroete gee agritoerisme ’n hupstoot

5 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - Plaasvakansies, of agritoerisme, in Namibië is tot onlangs nog grootliks met die jagbedryf vereenselwig en beskou as ’n sektor van toerisme wat...

Die beginsel van vruggebruik

5 ure gelede | Byvoegsels

'n Vruggebruik is 'n baie handige beginsel, veral by vererwing van plase.Vruggebruik is 'n regsbeginsel wat uit die Romeinse reg kom, oorgeneem is in die...