Inhaal deel van leerplan
Inhaal deel van leerplan

Inhaal deel van leerplan

’n Gemengde benadering van onderrig in staatskole, wat aanlyn onderrig insluit, was verlede jaar minder as 50% suksesvol.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die nasionale leerplan is tot 70% gerasionaliseer en ’n herstelperiode is ingebou wat vandeesmaand met die opening van skole vir die nuwe jaar afskop.
Dit sluit ’n Skoolgereedheidsprogram van vier tot agt weke vir die junior primêre fase, asook ’n inhaalprogram in die sekondêre fase in.
Volgens die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp, was verlede jaar se gemengde benadering van aanlyn onderrig en gedrukte media 80% suksesvol in private skole, maar is in minder as 50% van staatskole toegepas. Laasgenoemde was grootliks weens ’n gebrek aan data en internetverbinding.
Steenkamp het in ’n gesprek oor die gereedheid van skole vir die opening van die nuwe skooljaar beklemtoon die algehele sluiting van skole soos verlede jaar sal ’n “absolute laaste uitweg” wees. Steenkamp het egter beklemtoon vanjaar sal die ministerie “groot belê” in formele aanlyn onderrig vir veral junior en senior primêre klasse.
“Ons gaan seker maak onderwysers het die nodige toerusting,” het sy gesê. Volgens haar is slegs dié leerlinge oor wie nie verlede jaar verantwoording gedoen kon word nie, nie na die volgende graad oorgeplaas nie. Sy sê 15 350 leerlinge het nie na skole teruggekeer nie toe dit weer vir aangesig- tot-aangesig-onderrig geopen het.
Sy het gemaan enige verlengde sluiting van skole het onbedoelde gevolge en het ’n sosiale impak op leerlinge. Steenkamp het verwys na 3 625 skoolmeisies wat in agt maande verlede jaar swanger geraak het, terwyl 18 seuns die skoolbanke verlaat het omdat hulle meisies swanger gemaak het.
Steenkamp voorsien nie dat die opening van die nuwe skooljaar uitgestel sal word of dat skole weer soos verlede jaar vir ’n geruime tyd sal sluit nie.
“Sluiting is absoluut die laaste uitweg. Wêreldwye navorsing lewer geen bewyse dat kinders die primêre drywers van die pandemie is nie. Dié wat siek is en onderliggende mediese toestande soos asma en diabetes het wat hulle meer kwesbaar maak, word steeds geakkommodeer.
“In gevalle waar sporadiese en groepe gevalle voorkom, het ons kenners se kundigheid om dit reg te hanteer,” het sy gesê.

UITSLAE IN FEBRUARIE
Met verwysing na die uitreik van uitslae vir verlede jaar se graad 11- en 12-leerlinge het Steenkamp gesê die merk en gradering van graad 12-vraestelle asook die merk van graad 11-vraestelle is reeds voltooi.
Volgens haar kyk die ministerie na die einde van die eerste week in Februarie vir die uitreik van die uitslae, maar duidelikheid hieroor sal vandeesweek gegee word.
As deel van sy Covid-19-voorbereidingsplan gaan die ministerie N$56 miljoen aan streke versprei vir skole om vloeibare seep en handreiniger aan te koop.
Steenkamp het beklemtoon sanitasie en water moet beskikbaar wees. In dié verband word nou met die ministerie van landbou, water en grondhervoming se direktoraat vir landelike watervoorsiening saamgewerk om in veral drie streke (Kavango-Oos en -Wes en Zambezi) te verseker dit is in plek.
By dieselfde geleentheid het die adjunk- uitvoerende direkteur, me. Edda Bohn, verwys na die leerplan tot 70% gerasionaliseer en ’n herstelperiode wat ingebou is.
In die junior primêre fase is ’n Skoolgereedheidsprogram van vier tot agt weke bygewerk. Volgens Bohn is kinders wat nie verlede jaar voorskoolse programme of preprimêre klasse kon bywoon nie, ten spyte hiervan tot graad 1 toegelaat. In die junior sekondêre fase is ’n inhaalprogram deel van die onderrig om volgens Bohn werk in te haal wat verlede jaar moontlik verlore gegaan het.
Met verwysing na aanlyn onderrig as alternatief vir aangesig-tot-aangesigonderrig het sy erken nie alle skole is op dieselfde vlak nie. Volgens haar het net meer as 70% van skole toegang tot elektrisiteit, maar het die ministerie ’n plan gereed om toerusting vir internetverbinding veral in senior sekondêre skole te verseker.
Die plan sluit die mees geskikte model in wat verlede jaar grootliks met die sluiting van skole gevolg is en ’n gemengde benadering van onder meer gedrukte media en WhatsApp-groepe ingesluit het. Bohn sê navorsing het getoon gedrukte media was die mees suksesvolle medium.
Volgens haar is dit ’n kwessie van prioriteite om toegang tot aanlyn onderrig te verseker en fondse hiervoor beskikbaar te stel. “Ons moet dit in fases doen. Vir graad 11’s is dit eerste prioriteit, want ons wil nie hul onderrig in gevaar stel nie.”
Tans word onderwysers en leerlinge toegerus met dit wat beskikbaar is. “Ons moet kan voorsien, maar ook binne die finansiële hulpbronne wat beskikbaar is, opleiding verskaf,” sê Bohn.
Sy het beklemtoon enige leerlinge wat verlede jaar nie na skole teruggekeer het nie, moet weer registreer.
“Alle leerlinge moet terugkeer en geregistreer word. Sou daar enige probleme met aangesig-tot-aangesigonderrig wees, moet dit by die skool aangemeld word. Protokol is in plek om dié leerlinge te akkommodeer.”
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.88 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.96/OZ DOWN -0.0032 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.67% | Zinc US$ 2 822.60/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 87.88/BBP DOWN -0.0052 | Platinum US$ 909.44/OZ DOWN -0.0005 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.88 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.96/OZ DOWN -0.0032 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.67% | Zinc US$ 2 822.60/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 87.88/BBP DOWN -0.0052 | Platinum US$ 909.44/OZ DOWN -0.0005