Indongo-skouspel regstreeks hier vertoon
Boks
Met net enkele dae oor, sê Julius Indongo alles verloop tot dusver seepglad en hy verwag om die bokswêreld opnuut te skud wanneer hy Sondagoggend (Namibiese tyd) teen die Amerikaanse ster Terence Crawford deur die toue klim.
Die Namibiese bokser se visier is ingestel om die Afrika-bokser in die geskiedenis te word wat ’n onbetwiste wêreldkampioen word, indien hy die geveg in Lincoln, Nebraska wen om die vier groot beheerliggame se wêreldtitels te verenig.
Indongo het aan die media gesê hy word nie deur die vreemde omstandighede of toeskouers geïntimideer nie en hy is in sy laaste twee gevegte gewoond daaraan gewees om as die buiteperd bestempel te word.
“Sodra die eerste klok lui, is ek gereed om besigheid te doen. Ek sal voorbereid in die kryt klim en sal my bes doen – soos reeds in my hele loopbaan die geval was.”
Allerweë word verwag dat Crawford sal wys dat hy in ’n hoër klas tuishoort, maar Indongo sê: “Die kritici klim nie saam in die kryt nie – daar sal net twee mense wees.”
• Op die tuisfront het die Namibiese Uitsaaikorporasie gister aangekondig dat hy die voorgevegte Sondagoggend vanaf tweeuur regstreeks sal begin beeldsend. Dit is danksy ’n ooreenkoms met Kwesé Sport.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie