In, uit, in, uit: Brimstone se Clover-wipwarit

15 April 2019 | Sakenuus
Hanlie Stadler - Brimstone Investments gaan hom nou wel onttrek aan die ooreenkoms om ’n 15%-belang in Clover te bekom wanneer die suiwelreus denoteer.

Dis egter ’n bietjie meer ingewikkeld as dít: Die Kaapse beleggingsbeheermaatskappy het tot 31 Desember vanjaar om ’n bemagtigingsmaatskappy te vind wat hom in die Clover-transaksie kan vervang. Tot dan is Brimstone in naam deel van die konsortium beleggers wat Clover koop.

Die ommekeer oor Brimstone se belang in Clover het gekom nadat die pro-Palestynse aktiviste Boycott, Divestment and Sanctions (BDS) South Africa beswaar aangeteken het daarteen.



Daar is begin Februarie aangekondig Clover gaan uitgekoop word deur die konsortium Milco onder leiding van die Israelse Coca-Cola-botteleerder Central Bottling Company (CBC), verteenwoordig deur sy filiaal International Beer Breweries Limited (IBBL). Clover se topbestuur en ’n paar ander plaaslike beleggers is ook deel van Milco.

Brimstone is as bemagtigingsvennoot aangewys.

BDS South Africa het egter onmiddellik beswaar aangeteken en met ’n boikot van Clover-produkte gedreig. Tot dusver het die organisasie hom toegespits op Brimstone se betrokkenheid.

BDS beskuldig CBC daarvan dat hy hom aan menseregteskendings en oortredings van internasionale wetgewing skuldig maak weens sy bedrywighede in Palestynse gebiede wat deur Israel beset word.

Tisetso Magama, woordvoerder van BDS, het ’n vergadering met die Brimstone-direkteure Fred Robertson en Mushtaq Brey belê. Daarna het Brimstone in ’n kort verklaring gesê hy gaan sy rol in die voorgestelde transaksie “hersien”.

“Gegewe die maatskappy se waarde-gedrewe identiteit, het ons kennis geneem van die uitgebreide woede

oor deelname aan die transaksie.”

Begin Maart, toe Clover sy jaarsyfers uitgereik het, het Johann Vorster, uitvoerende hoof, gesê die transaksie gaan volstoom voort en alle partye is nog aan boord.

In sy Sens-verklaring Vrydag sê Brimstone hy het op 11 April ’n agterdeur-ooreenkoms met Milco en IBBL gesluit om Brimstone se onttrekking aan die ooreenkoms moontlik te maak. IBBL is ’n volfiliaal van CBC.

Die agterdeur-ooreenkoms behels dat Brimstone voor 31 Desember ’n bemagtigingsvennoot vir die transaksie moet vind, anders sal Milco Brimstone se belang oorkoop.

“As gevolg hiervan sal Brimstone nie aan die Clover-transaksie deelneem nie, hoewel hy vir ’n kort tydperk ’n belang in Milco sal hou.”

Brimstone sê hy is in “gevorderde gesprekke met ’n potensiële plaasvervangende breëbasis- swartbemagtigde aandeelhouer wat, as dit suksesvol is, kan meebring dat Brimstone sy volle belang in Milco vóór 31 Desember 2019 verkoop”.

Brimstone sê die stap sal na verwagting geen uitwerking op sy netto batewaarde hê nie.

Brimstone noem dat hy ’n beslissing van die JSE aangevra het oor die reguleringsimplikasies van sy onttrekking aan die transaksie. Dit word afgewag en sal bekend gemaak word sodra dit ontvang word.

Netwerk24 het navraag by Clover gedoen oor die implikasies vir die transaksie indien geen bemagtigingsvennoot gevind kan word nie.

Die Mededingingskommissie moet die transaksie goedkeur. Dié instansie is by magte om bemagtiging ’n voorwaarde van goedkeuring te maak.

Brimstone besit belange in onder meer Grindrod, Sea Harvest en House of Monatic. – Netwerk24

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

3 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

3 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

4 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

15 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

15 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

15 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

15 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

15 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

15 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...