In samehorigheid met landgenote
In samehorigheid met landgenote
21 January 2019 | Maatskaplik
Sowat 100 Zimbabwiese burgers wat in Namibië woon, het Vrydag ’n petisie aan die Zimbabwiese ambassade oorhandig.
Daarin eis hulle die onderdrukking van betogings teen die regering in Zimbabwe moet gestaak word.
Aanvalle op burgerlikes deur militêre magte was in reaksie op betogings wat Maandag ontstaan het ná die aankondiging dat brandstofpryse verdubbel.
Mnr. Luke Hari het gesê hulle is bekommerd oor die Zimbabwiese regering se dwarsboming van vryheid van spraak, die onderdrukking van die vryheid om te vergader en die ongrondwetlike onderdrukking van die individuele menseregte van sy burgers.
“Ons veroordeel die regering se gebruik van skerp ammunisie op ongewapende burgerlikes wat wettig betoog en hul ontevredenheid oor die skerp styging in kommoditeitspryse uitspreek, wat veroorsaak is deur die brandstofprysverhoging van 150% wat deur president Emmerson Mnangagwa aangekondig is,” lui die petisie.
Die groep het ook 'n beroep op Mnangagwa en sy visepresident, mnr. Constantino Chiwenga, gedoen om te bedank.
Zimbabwe se ambassadeur in Namibië, me. Rofina Chikava, was nie beskikbaar om die petisie te ontvang nie, en dit is aan ’n werknemer van die ambassade oorhandig. – Nampa

Soortgelyk
14 'wildmisdadigers' vas
3 ure gelede | Misdaad
Verklaar raad nietig, sê Itula
20 ure gelede | Politiek
Makalani’s se voete in die water
20 ure gelede | In beeld
Opposisie, Itula gaan hof toe oor verkiesings
20 ure gelede | Politiek
Noa kap na ‘leunstoel-kritici’
20 ure gelede | Misdaad
STEMFEITE: OSHANA
20 ure gelede | Politiek
Weer vir 5 Desember 2019
20 ure gelede | Weer
PDM steek skadukabinet aan die werk
20 ure gelede | Politiek
Vervoerpionier se roudiens Saterdag
20 ure gelede | Mense
Kleinadvertensies