'In die oog van die ekonomiese storm'
'In die oog van die ekonomiese storm'

'In die oog van die ekonomiese storm'

Die amptelike opposisieparty het sy kommer oor die afgrade­ring van Namibië se kredietwaardigheid uitgespreek.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn



Die DTA het diepe kommer oor die kredietgradeerder Moody's se afgradering van Namibië van Baa3- na Ba1-status uitgespreek.

Volgens die president van die DTA en leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, is dit 'n duidelike aanduiding dat die land nie uit die “ekonomiese storm” is nie, maar dat die land nou eers “in die oog van die storm inbeweeg”.

Venaani sê dit is onwelkome nuus, maar nie 'n verrassing nie.

Volgens hom is die redes wat Moody's vir die afgradering aanvoer kwessies wat onlangs herhaaldelik deur die DTA geopper is.

Moody's se redes is die erosie van fiskale krag vanweë groot fiskale wanbalanse en die toenemende druk wat skuld meebring; beperkte institusionele kapasiteit om skokke te bestuur en langtermyn strukturele stramheid die hoof te bied, en die risiko van hernude likiditeitsdruk in die komende jare.

“Hoë regeringskuld en 'n betekenisvolle begrotingstekort, aangedryf deur onproduktiewe en verterende besteding, te veel steun op die verdienste van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie, en 'n gebrek aan die politieke wil om herhalende besteding aan salarisse in die staatsdiens te verminder, is wat die implementering van die regering se fiskale konsolidasieplan aan bande lê,” sê Venaani.

Hy sê die regering het verkies om besteding te besnoei deur aan die kapitale begroting te sny. Sodoende verkies die regering om salarisse, eerder as infrastruktuurontwikkeling, 'n prioriteit te maak.

“Die DTA is nie van stryk gebring deur die minister se reaksie op die afgradering nie. Terwyl mnr. Calle Schlettwein daarvan oortuig is dat Moody's se prosesse nie sistematies is nie, is dit skaars denkbaar dat so 'n instansie na willekeur sal optree,” het Venaani gesê.

“Die netwerk van beskerming wat Swapo geskep het en in stand hou deur die party se beheer van die staatsdiens en staatsondernemings het uiteindelik so groot, onproduktief en verswelgend geword dat dit die hele land se ekonomiese welsyn bedreig.”

Schlettwein se stelling dat Moody's se gradering 'n wesenlike rol daarin speel om beleggers te lok of af te skrik en dat Moody's gevolglik die reëls van die spel bepaal en skeidsregter speel, is ook deur Venaani verwerp.

“Dit is die aard van internasionale finansiële kapitalisme en dit sal goed wees as ons dit besef,” het Venaani gesê.

Die DTA het voorheen reeds gewaarsku oor die tendens om skuld aan te gaan om skuld te betaal.

“Die regering se likiditeit en buitelandse reserwes het verbeter danksy die African Development Bank se lening. Die DTA sien dus nie hierdie verandering aan die plaaslike situasie as volhoubaar vir langtermynbeplanning en -besluitneming nie,” het hy gesê.

Tog dring die DTA daarop aan dat 'n vermindering in staatsbesteding, staatsskuld en die verkleining van die begrotingstekort deur middel van die regte maatreëls bewerkstellig kan word. Die party sê die staat se reuse- salarisrekening moet van bo af gesny word. Staatsondernemings is volgens die DTA 'n bodemlose put waarin staatsbronne bly verdwyn, met min voordeel vir die land en sy mense.



SWAPO-JEUGLIGA REAGEER

Mnr. Neville Andre Itope, die Swapo-jeugliga se sekretaris van inligting, mobilisasie en publisiteit, het sy skok oor die afgradering uitgespreek. Hy vrees dat dit Namibië se vermoë kan benadeel om in die toekoms geld te bekom om skuld te betaal.

“Die Swapo-jeugliga verwerp die redes wat Moody's vir die afgradering voorhou met die minagting wat dit verdien. Dié stap is ongegrond, ­voortydig en spekulatief,” het Itope gesê. Volgens hom staan die land se skuldvlak as persentasie van die Bruto Binnelandse Produk (BBP) op 42%, wat heeltemal met eweknie-lande met soortgelyke kredietgraderings strook. Wat makro-ekonomiese bestuur betref, spreek Itope sy volle vertroue in die ministerie van finansies uit en sê tot dusver het die fiskale konsolidasiebeleid vrugte afgewerp deur geld na prioriteitsareas te kanaliseer.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.49 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 27.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 309.83/OZ DOWN -0.0024 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0135 | Zinc US$ 2 872.00/T DOWN -2.78% | Brent Crude Oil US$ 82.90/BBP DOWN -0.0077 | Platinum US$ 963.07/OZ DOWN -0.0159 #N/A