Hysbaktender is verkiesingsfoefie, sê kenners

Staathuis onder skoot

18 April 2019 | Regering
Denver Kisting – ’n Politieke ontleder en ’n opposisieleier meen die bohaai rondom ’n hysbaktender is niks anders as ’n verkiesingsfoefie nie.

Dr. Charles Mubita, ’n oudjoernalis en hedendaagse politieke kommentator, sê dit ís so dat enigiets wat tydens ’n verkiesingsjaar gebeur, aan politieke partye se veldtogstrategie gekoppel sal word.

Hy sê dit geld selfs vir opposisiepartye en voornemende politici.

Maar, sê hy, dit is moeilik om te verstaan hoekom die omstrede hysbaktender skielik ’n noodgeval geword het.

Volgens hom is die hysbakkwessie al ’n geruime in die regering se visier. Die stof wat Staatshuis nou opskop maak volgens hom net sin as “dit (die hysbaktender) van regeringsleiers versteek is”.

Sou dit wel van hulle weerhou gewees het, brand hy wat Mubita is om te sien “watter tasbare stappe teen die oortreders gedoen sal word”.

Hy sê woorde en dreigemente oor optrede sal nie genoeg wees om Jan Alleman te oortuig nie. “Net as koppe rol - regte koppe en nie sondebokke nie.”

Hy sê voorts in situasies van dié aard “word alles ’n noodgeval omdat noukeurige beplanning in die wiele gery word deur rugstekery, diensweiering en korrupsie en tot ’n groot mate opsetlike pogings om die Geingob-administrasie te saboteer”.

Mubita sê hy glo die wetstoepassers is bevoeg om “professionele, ekonomiese misdade wat die land beduiwel”, op te los, maar hy twyfel of die polisie en die Teenkorrupsiekommissie (ACC) verbind en toegewyd genoeg is om die oortredings te pak. “En daarin lê die uitdaging: Misdadigers, veral diegene wat die ekonomie plunder, is welbekend. Die wetstoepassers beskik oor die bevoegdheid om die situasie om te keer, maar hulle skiet tekort aan toewyding.”

Die pas aangewese leier van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), me. Esther Muinjangue, sê dit is verstommend hoe dit moontlik kon gewees het vir beamptes op die vlak van direkteure om gevestigde strukture te omseil.

Eweneens wonder sy hoe dit moontlik sou kon gewees het vir die beamptes om betalings te maak sonder dat iemand hoër op onraad vermoed het.

Staathuis het Vrydagaand gesê pres. Hage Geingob dring aan op ’n ondersoek om vas te stel hoe ’n hysbak glo onwettig in ’n regeringsgastehuis aangebring is.

Dié N$1 miljoen se hysbak is glo ’n paar weke gelede by ’n gastehuis in Eros aangebring waar die eertydse visepresident, dr. Nickey Iyambo, tans tuisgaan.

Muinjangue sê dit is baie gerieflik om nou junior beamptes te verkwalik “terwyl hulle onmiddellike base aan die pen moet ry. Ons aanvaar vir seker nie dié verskoning nie (dat hulle nie geweet het nie) omdat dit veel na wense oorlaat.”

Mnr. Reinhold Namupala (38), Staathuis se adjunkdirekteur gelas met instandhouding, het die afgelope Maandag glo sy eie lewe geneem.

Lt.genl. Sebastian Ndeitunga het vroeër bevestig die polisie ondersoek die beweerde skakel tussen sy oënskynlike selfdood en die omstrede hysbaktender.

Muinjangue sê die bohaai is niks anders as ’n set om stemme te werf nie.

Sy sê voorts die polisie se goeie pogings word deur die beweerde burokratiese aard van die kantoor van die aanklaer-generaal gekortwiek.

Dié kantoor moet besluit of ’n verdagte vervolg word al dan nie sodra die polisie hul ondersoek afgehandel het.

Soortgelyk

 

Katrina bedank

5 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Katrina Hanse-Himarwa het pas as minister van onderwys, kuns en kultuur bedank.Dít kom nadat sy gister in die hoërhof in Windhoek aan...

Saturnus kom vanaand náby

7 ure gelede | Omgewing

Vanaand is die beste tyd om na die planeet Saturnus te kyk omdat dit op sy helderste en grootste vir vanjaar sal vertoon. Vir...

Hanse-Himarwa se getuienis vals, sê hof

21 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Nadat die hof al die getuienis in ag geneem het, is die enigste gevolgtrekking die staat het bo redelike twyfel bewys Katrina...

Katrina se toekoms duister

21 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Teen gistermiddag was pres. Hage Geingob nog stil oor een van sy kabinetsministers wat aan korrupsie skuldig bevind is.Katrina Hanse-Himarwa, die minister...

Jessné struts her stuff

21 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Even though Jessné Swart is only in grade 5, she has already made a name for herself in the modelling industry. Her love...

Weer vir 9 Julie 2019

21 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande sal oor die kus vir die res van die week heers, asook stofstorms op plekke.BINNELAND: Koud aanvanklik, andersins mooi weer en warm tot...

Eenjarige brand in sinkhuis dood

21 ure gelede | Misdaad

Tanja Bause – Twee mense het die afgelope naweek doodgebrand toe hul sinkhuise aan die brand geslaan het. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het...

Bekentenis was glo vrywillig

21 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner op Swakomund – Mnr. Ernst Lichtenstrasser, wat van die moorde op mnre. Eckhart Mueller en Heimo Hellwig aangekla is, was ten tyde van...

Dragtige ietermagô uit drom gered

21 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - ’n Ietermagô wat dae lank in ’n brandstofdrom gelos is, se verhaal het ’n gelukkige einde.Volgens me. Maria Diekmann, van die Rare...