Hysbakskakel in selfdood ondersoek

Staatshuisman sterf op lodge

16 April 2019 | Plaaslik
Denver Kisting – Die nasionale polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het gister bevestig die polisie ondersoek die beweerde skakel tussen ’n onwettige hysbaktender en die selfdood van ’n senior Staatshuisamptenaar.

Mnr. Reinhold Namupala (38), die adjunkdirekteur gemoeid met instandhouding, het homself gisteroggend op Midgard Country Estate buite Okahandja om die lewe gebring.

Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die hoof van die polisie se skakelafdeling, het die voorval bevestig.

Hy het gesê Namupala is gisteroggend dood in sy voertuig aangetref.

Kanguatjivi sê die senior Staatshuisamptenaar het ’n vuurwapen by hom gehad.

Die polisie het egter geen selfdoodnota gevind nie.

Republikein het verneem amb. Martin Andjaba, die minister gelas met presidensiële aangeleenthede, sou gister ’n slypskool van Staatshuis se senior bestuurslui open.

Dié slypskool sou van gister tot Donderdag op die spoglandgoed plaasgevind het.

Die verrigtinge is intussen afgestel.

Dr. Alfredo Hengari, pres. Hage Geingob se woordvoerder, wou nie gister enigiets oor die voorval sê nie. “Ek het geen kommentaar oor dit waaroor jy vra nie.”

Ndeitunga het by navraag bevestig hy dra kennis van die gerugte wat die ronde doen dat Namupala verbind word met ’n onwettige tender vir N$1 miljoen vir ’n hysbak.

Die hysbak is vermoedelik in die eerste week van April aangebring by ’n gastehuis van die eerste minister se kantoor in Eros waar dr. Nickey Iyambo, eertydse visepresident, tans tuisgaan.

Hengari het Vrydagaand in ’n verklaring gesê ’n hysbak is skynbaar voorverlede week ten bedrae van N$999 999 opgerig.

Dit kom nadat Andjaba onlangs hand en tand in die Nasionale Vergadering (NV) belowe het geen hysbak sal in die gastehuis aangebring word nie.

Hengari het namens pres. Geingob daarop aangedring die oortreders moet geïdentifiseer word en aan die pen ry.

Hengari wou die naweek vanweë beweerde veiligheidsredes nie die ligging van die gastehuis onthul nie.

Ndeitunga het gistermiddag onthul geen strafregtelike klagte is nog by die polisie ingedien nie. “Behalwe die staatshoof se verklaring het niemand nog tot dusver ’n klag by die polisie aanhangig gemaak nie.”

Soortgelyk

 

KOLLIG Voorblad

1 dag gelede | Byvoegsels

Swakop hou Makietie bl. 4

ECN gaan Itula se aansoek teenstaan

1 dag gelede | Politiek

Denver Kisting – Vanweë die beweerde negatiewe uitwerking van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope presidensiële verkiesing moet die proses tersyde gestel word.Dr. Panduleni Itula,...

Ekonomie bloei lánkal

1 dag gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister...

NOU AAN DIE GANG

1 dag gelede | Byvoegsels

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir...

Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad...

Weer vir 13 Desember 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Winderige weer sal...

STEMFEITE: NAM & SA 2019

1 dag gelede | Politiek

In Namibië het Swapo persentasiegewys meer steun ingeboet as die ANC in Suid-Afrika.

NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

1 dag gelede | Howe

Elvira Hattingh Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van...

CoW baklei teen beslaglegging

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.Veertien superintendente verbonde...