Hysbakondersoek geskied geheimsinnig
Hysbakondersoek geskied geheimsinnig

Hysbakondersoek geskied geheimsinnig

Die man aan die spits hiervan sê hulle sal die media toespreek wanneer hulle gereed is.
Denver Kisting
Denver Kisting – Twee weke nadat pres. Hage Geingob ’n ondersoek gelas het na ’n beweerde onwettige hysbaktender is die werksaamhede van die ondersoekkomitee in geheimhouding gehul.

Die kabinetsekretaris, dr. George Simataa, het gisteroggend by navraag bondig gereageer.

Sy WhatsApp aan Republikein lui: “Ons sal die media inlig wanneer ons gereed is.”

Simataa lei die hoëvlakspan wat agter die kap van die byl van die beweerde onwettige tender ten bedrae van bykans N$1 miljoen moet kom.

’n Senior Staatshuis-amptenaar, mnr. Reinhold Namupala, het verlede Maandag glo sy eie lewe geneem – dae nadat Geingob gesê het koppe sal oor die tender rol.

Op ’n vraag of Namupala verbind word met die omstrede tender het Simataa verlede week gesê: “Om eerlik te wees, ek weet rêrig nie.”

Geingob het verlede week in ’n verklaring gesê om te bespiegel, is geen goeie idee nie.

Volgens sy woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, moet die polisie die geleentheid gegun word om die omstandighede rondom Namupala se onnatuurlike dood uit te pluis.

Die 38-jarige Namupala, ’n adjunkdirekteur gelas met instandhouding, is tussen verlede Sondagaand en Maandagoggend op Midgard Country Estate buite Okahandja oorlede.

Hoewel geen selfdoodnota tot dusver gevind kon word nie het Namupala volgens die polisie se hoofwoordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, homself moontlik om die lewe gebring.

Namupala was sedert 1 Julie 2017 by Staatshuis werksaam.

Ten tyde van sy dood sou Staatshuis se senior bestuur beplanning vir 2019 op die spoglandgoed bespreek.

Dié verrigtinge is deur amb. Martin Andjaba, die minister gemoeid met presidensiële aangeleenthede, afgestel.

Die omstrede hysbak is glo vroeër vandeesmaand inderhaas in ’n regeringsgastehuis opgerig nadat Andjaba in die Nasionale Vergadering (NV) aangekondig het daar is geen sulke planne nie.

Dr. Nickey Iyambo, die bejaarde voormalige visepresident, gaan tans in dié gastehuis in die Windhoekse voorstad Eros tuis.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!