Hulp sonder oordeel
Weens die knypende ekonomie neem behoeftigheid in Namibië al meer toe.
Tanja Bause - “Ek het ‘n verkeerde pad geloop – een van verwoesting. Eendag het ek besef ek kan nie meer so aangaan nie. Ek het geen idee gehad hoe om ‘n nuwe lewe te begin nie,” vertel me. Niki Carstens, stigter van Hands of Hope, ’n liefdadigheidsorganisasie wat na behoeftiges uitreik.
“In daai donkerste uur van my lewe het mense, bekendes én vreemdelinge, my gehelp. Sommige deur hulle woorde, sommige net deur luister en te bid en sommige finansieel. Dit is danksy dié mense dat ek my pad terug Namibië toe gevind het en weer op my voete gekom het,” sê sy.
In 2013 het die dapper vrou toe Hands of Hope gestig om dié soort welwillendheid met ander te deel.
In daardie jaar het ’n kennis van Carstens se ma weens siekte in die hospitaal beland. Die mediese onkostes het bly styg en die kennis se familie het in ’n posisie beland waar hulle nie sonder hulp kon klaarkom nie.
“Ek het besluit hulle het hulp nodig en het my kennisse en vriende vir hulp gevra. Ons het toe kospakkies vir die familie begin opmaak, en dís hoe Hands of Hope begin het,” sê Carstens.
Die organisasie het vrywilligers in Windhoek, op Okahandja, Lüderitz, Outjo, Walvisbaai, Hentiesbaai en Swakopmund.
Hulle besoek mense in nood om die omvang daarvan te bepaal, waarna hulle op onder meer die sosiale media om hulp vra.
Die vrywiligers help dan met die verspreiding van wat ingesamel is onder die behoeftiges.
“Ons is baie erg daaroor om die mense se identiteit te bewaar. Daar word geen foto’s op sosiale media geplaas wat hulle kan identifiseer nie,” sê Carstens.
Die vrywilligers, wat Carstens self gekies het, besoek die behoeftiges op hul eie koste, omdat Hands of Hope net twee koerierdienste as vaste borge het.
“Hulle het self al baie swaar gekry. As jy swaarkry self beleef het, weet jy presies waardeur die persoon gaan en sal jy alles in jou vermoë doen om hom te help sonder om te oordeel. Wanneer die vrywilligers dan die pakkies by die mense gaan aflaai, laat dit hulle goed voel.
“Ons het geen vaste borge nie. So ons kan nooit vir ’n familie belowe ons gaan help of sê hoe lank ons kan help nie. Ons plaas ’n versoek op Faceboek, en die gemeenskap is gewoonlik baie gewillig om te help,” sê sy.
Volgens Carstens is die huidige ekonomie en gepaardgaande afleggings die rede vir reuse-ellende.
“Tot so twee jaar gelede het ons mense in nood tot drie keer gehelp, en dan was hulle weer op hul voete. Maar nou is dit nie so maklik nie. Mense kry nie meer nuwe werk nie. Almal gaan onder die ekonomiese toestande gebuk en skaal af. Die eerste mense wat afgelê word, is die tuinier en die huishulp, en hulle kry ook nie weer werk nie,” sê sy.
“Ons moet ons ingesteldheid verander. As iemand weens omstandighede in die moeilikheid beland, moet ons help waar ons kan, waarmee ons kan. Dit hoef nie met duisende te wees nie.
“Om ’n kospakkie uit te deel, is nie die oplossing nie, maar dit spreek die onmiddellike behoefte aan,” sê sy.
Volgens Carstens is daar wel mense wat nie ’n poging aanwend om hul omstandighede te verbeter nie.
“Wanneer ons agterkom daar is nie die wil om te verbeter nie, doen ons eerder moeite met mense wat gehelp wil word.
“Sonder God sou ek nie vandag wees waar ek is nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie