Hugs 4 Christ begin nuwe projek
Ná die sukses van Hugs 4 Christ se winterprojek, Keep our City Warm, gaan die volgende projek op kinders in kwesbare gemeenskappe fokus. Dié projek, Writers of Hope, skop in September af en duur tot Desember/Januarie. Die doel van die inisiatief is om kinders 'n Kersfees te gee om te onthou en om hulle terselfdertyd lief te maak vir leer. Skryfbehoeftes en ander skoolbenodigdhede sal in die komende maande ingesamel word om kinders te help om gereed te wees vir die 2018-skooljaar.
Writers of Hope sal op 1 September op sosiale media van stapel gestuur word, gevolg deur nog 'n bekendstelling op 30 September wat met die #FreeHugsNam-uitreikprogram sal saamval.
Dié projek sal tot 31 Desember duur, met uitreike in November en Desember om kinders se Kersfees spesiaal te maak. Die amptelike oorhandiging van skoolbenodigdhede word beplan vir 19 Januarie wanneer die nuwe skooljaar afskop.
Skole en kwesbare kinders word tans as ontvangers van die skenkings geïdentifiseer.
Die naam van die projek, Writers of Hope, is juis gekies om aan dié kinders te wys hul kan hul eie blink toekoms skep deur hul skoolloopbaan te voltooi.
Volgens Hugs 4 Christ wil hulle aan kinders die geleentheid gee om die beste van hul skooljare en opvoeding te maak. Die naam verteenwoordig ook die fisieke daad van skryf en hoe ver dit jou kan bring.
Skenkings in die vorm van skoolbenodigdhede, geld, lekkergoed (vir die Kersfees-uitreike) of enige ander items kan gemaak word. Vir meer inligting, skakel 081 624 7429 of 081 469 1568, of stuur 'n e-pos aan [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie