Huawei kan buite China ‘verdwyn’ weens verbod
Verskeie kenners meen Huawei se verkope gaan oor die volgende ses maande afneem.
Reuters – Verkope van Huawei se slimfone kan met soveel as 25% daal as Amerika se verlammende sanksies teen die Chinese tegnologievervaardiger nie verslap word nie, waarsku ontleders.
Trouens, Huawei se toestelle kan geheel en al van die internasionale mark verdwyn.
Huawei is baie gewild in onder meer Europa en ook Suid-Afrika.
Slimfoonverkope by Huawei, die wêreld se tweede grootste vervaardiger gegrond op volume, kan vanjaar met tussen 4% en 24% daal sou die verbod gehandhaaf word, sê ontleders van Fubon Research and Strategy Analytics.
Verskeie kenners meen Huawei se verkope gaan oor die volgende ses maande afneem, maar wil nie skat met hoeveel nie, juis weens die onsekerheid oor Amerika se verbod.
Die Amerikaanse handelsdepartement het voorverlede week maatskappye daar verbied om voortaan tegnologie aan die Chinese slimfoonvervaardiger te verskaf.
Die verbod maak deel uit van die voortslepende handelsoorlog tussen China en Amerika.
Dit geld vir alle goedere en dienste wat uit meer as 25% Amerikaanse tegnologie of materiaal bestaan. Daarom word selfs maatskappye van elders ook deur die verbod geraak.
Groot tegnologiemaatskappye waaronder Google en die skyfievervaardiger ARM het reeds gesê hulle gaan nie meer met Huawei sake doen nie.
“Huawei gaan uitgewis word in die Europese slimfoonmark as dit toegang tot Google verloor,” sê Linda Sui, direkteur van slimfoonstrategie by Strategy Analytics.
Sy voorspel dat verkope van Huawei-toestelle aanstaande jaar met nóg 23% gaan afneem, maar dat die maatskappy dit sal kan oorleef danksy die massiewe Chinese mark.
Fubon Research, wat voorheen voorspel het dat Huawei 258 miljoen slimfone in 2019 gaan verkoop, het dié syfer nou afwaarts aangepas tot 200 miljoen.
Huawei se markaandeel in Europa beloop tans byna 30%. Die maatskappy het in 2018 208 miljoen slimfone verkoop, waarvan die helfte buite China van die hand gesit is.
In reaksie op die Amerikaanse verbod het Huawei aangedui hy werk reeds etlike jare aan sy eie bedryfstelsel sodat hy onafhanklik van Google se Android kan wees.
Kenners is egter nie oortuig dat Huawei sy toestelle heeltemal onafhanklik van Amerikaanse tegnologie of programmatuur sal kan vervaardig nie.
Die maatskappy sal waarskynlik duisende werknemers moet afdank en vir ’n tyd lank net op China as mark fokus, sê Stewart Randall, ’n ontleder by Intralink.
Kopers gaan waarskynlik nou elders aanklop vir ’n nuwe toestel, waaronder by Apple en Samsung.
“Dit laat heelwat markaandeel oop om deur sy mededingers opgeraap te word, veral vir Samsung, wat reeds ’n vastrapplek in Europa het,” sê Bryan Ma, ’n navorser by IDC.
Aanlyn verkope van Huawei-fone is reeds besig om te daal, sê PriceSpy, ’n internasionale webwerf soortgelyk aan Suid-Afrika se PriceCheck.
“Huawei-toestelle se gewildheid het oor die laaste vier dae skerp gedaal en byna net die helfte van die klikke gekry as voorheen,” sê die webwerf.
Amerikaners kan reeds geruime tyd nie Huawei-fone op eie bodem aanskaf nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie