Hou vas - hier kom Moody's se afgradering
Hou vas - hier kom Moody's se afgradering

Hou vas - hier kom Moody's se afgradering

Suid-Afrika se ekonomiese uitkomste vir die volgende paar maande sal deur “dade eerder as woorde” gevorm word, sê 'n kenner.
Vida Booysen - Suid-Afrikaners moet hulle staal dat die kredietgradeerder Moody's die buurland ook tot rommelstatus gaan afgradeer.

Malusi Gigaba, Suid-Afrika se nuwe minister van finansies, het die naweek laat deurskemer dat hy ná sy gesprek met Moody's in die VSA nie optimisties is oor die vooruitsigte dat dié agentskap – die enigste van die drie groot kredietgradeerders wat Suid-Afrika nog nie tot rommelstatus afgegradeer het nie – nié sy eweknieë se voorbeeld sal volg nie.

“Moody's het ons geen gerusstelling gegee nie en dus kan ons ook nie enige waarborge verskaf nie,” het Gigaba Saterdag in 'n onderhoud met ENCA gesê.

Gigaba het ook die wenkbroue laat lig deur sy omstrede raadgewer, prof. Chris Malikane, saam met hom Amerika toe te neem vir die paai-toer van beleggers en kredietgradeerders.

Malikane het onlangs 'n hoogs aanvegbare pleidooi vir die nasionalisering van Suid-Afrika se banke gedoen.

Gigaba het hom van dié uitsprake gedistansieer.

'n Foto van Malikane in Washington is die naweek op sosiale media in 'n twiet deur Mayihlome Tshwete, Gigaba se woordvoerder, geplaas.

In die twiet sê Tshwete dit is “op die laaste vergadering van die dag” by die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) in Washington geneem.

Tshwete sê ook: “Ek het gedog ek sou die prof die leuens oor hom op Twitter wys.”

David Maynier, DA-LP, sê die indruk dat Malikane deur Gigaba “soos 'n skoolseun” in die openbaar tereggewys is en dat sy “dae getel is”, is net 'n front.

“Niks kan verder van die waarheid wees nie, want dit blyk nou Malikane het die minister vergesel . . .”

Hy meen ook Malikane se teenwoordigheid sal 'n groot rooi vlag vir internasionale finansiële instellings, beleggers en kredietgradeerders in die VSA wees.



Lagarde

Gigaba sou volgens die SAUK Sondag met Christine Lagarde, besturende direkteur van die IMF, vergader en het in 'n onderhoud gesê die fokus bly op “inklusiewe groei” sodat die land sy beleggersgraad-status kan herwin.

Die kanse is baie groot dat Moody's die ander twee kredietgraderingsagentskappe sal volg en Suid-Afrika afgradeer, sê prof. Raymond Parsons van die Noordwes-Universiteit se ­sakeskool.

“As jy Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte in oënskou neem, is die koeël eintlik reeds deur die kerk, ongeag wat Moody's se besluit sou wees.”

Al wat die land nou kan doen, is om die skade aan die ekonomie van 'n “harde landing” ná rommelstatus te probeer beperk, sê Parsons.

As daar gekyk word na die uiteindelike impak op die koste van lenings vir sowel die staat as die private sektor, is dit die kombinasie van Standard & Poor's en Moody's se rommelgraderings, eerder as Fitch s'n, wat die grootste risiko vir Suid-Afrika op die internasionale effektemark skep, waarsku Parsons.

“Die Suid-Afrikaanse ekonomie word nou onvermydelik 'n ongeval van politieke binnegevegte op ver­skeie vlakke.”

Plaaslik begin die private sektor ook die negatiewe uitwerking van die afgradering voel.

Vrydag het die voedselreus Pioneer Foods bekend gemaak dat samesprekings oor 'n groot internasionale transaksie afgelas is “weens die onlangse afgradering van Suid-Afrika se staat­skuld en die potensiaal vir bykomende afgraderings”.

Parsons sê Suid-Afrika se ekonomiese uitkomste vir die volgende paar maande sal deur “dade eerder as woorde” gevorm word.

“Die markte, beleggers en die graderingsagentskappe sal ekonomiese realiteit eerder as politieke retoriek beoordeel.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.76 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.39/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.51/lb UP +0.01% | Zinc US$ 2 835.00/T DOWN -0.68% | Brent Crude Oil US$ 88.54/BBP DOWN -0.0039 | Platinum US$ 908.94/OZ DOWN -0.0076 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.76 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.39/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.51/lb UP +0.01% | Zinc US$ 2 835.00/T DOWN -0.68% | Brent Crude Oil US$ 88.54/BBP DOWN -0.0039 | Platinum US$ 908.94/OZ DOWN -0.0076