Hou die vrede, sê Geingob en Masisi
Hou die vrede, sê Geingob en Masisi
Staatsleiers vra geduld en buurmanskap
04 January 2021 | Regering
Augetto Graig – President Hage Geingob en sy eweknie mnr. Mokgweetsi Masisi van Botswana het gesamentlik 'n beroep op Namibiërs en Batswana gedoen om vreedsaam saam te leef.
Die staatshoofde het inwoners gemaan om enige versoeking te weerstaan om tot enige vergelding of verdere geweld of vernietiging van eiendom, insluitend ontwrigting van beweging van mak diere tussen die twee buurlande by te dra.
Die verklaring volg op twee lande se polisiemagte se gesamentlike ondersoek na die dodelike skietvoorval waarin vier vissermanne op 5 November 2020 deur die Botswana-weermag geskiet is.
Mnre. Tommy, Martin en Wamunyima Nchindo, asook hul Zambiese neef, mnr. Sinvula Munyeme, is glo deur die BDF naby die Kasika-nedersetting by Kasane doodgeskiet, met die buurland wat volhou die vier mans het hulle aan stropery skuldig gemaak.
Die staatsleiers het bevestig die gesamentlike ondersoekspan het intussen hul werk afgehandel en vir oorweging deur beide regerings voorgelê. Hulle sê albei lande is verbind tot noodsaaklike stappe om te verseker dat geregtigheid geskied.
Die nuusvrystelling uitgereik deur Geingob se woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, sê behoorlike prosesse sal deur die relevante owerhede in die hantering van hierdie spesifieke “ongelukkige voorval” en soortgelyke insidente in die toekoms gevolg word.
Hy sê die twee presidente deel innige meegevoel met die bedroefde gesinne en met die rou emosie van die Namibiese nasie. Geingob doen 'n beroep op kalmte in betrokke gemeenskappe en tussen Namibiese mense oor die algemeen.
Hengari brei uit dat interne prosesse in beide lande gevolg moet word. “Die afhandeling van die ondersoek beteken nie dit is die einde van die proses nie.”
Volgens hom is die nuusvrystelling 'n toonbeeld van die twee staatshoofde se toewyding tot geregtigheid en deursigtigheid.
“Mense moet die ingewikkeldhede en struikelblokke verstaan. Daar is wetlike raamwerke om te gehoorsaam en verskeie ministeries wat betrokke moet wees,” sê hy.
Geingob het opnuut in sy Nuwejaarsrede gesê hy betreur die gevoellose lewensverlies weens skietvoorvalle gepleeg deur Botswana se weermag en hy werk saam met die buurland se president om dit reg te stel. “Die geraakte Namibiese families en die Namibiese publiek sal op die hoogte gehou en op die gepaste tyd van die bevindings van die ondersoek ingelig word,” het hy gesê.
Die twee presidente het ook hoofmanne van die gemeenskappe by die grense aangeraai om mekaar pragmaties te betrek, om samewerking en interaksie tussen gesinne aan beide kante van die grens te vergemaklik.
Die vrystelling noem ook dat die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, op 15 Desember met haar eweknie dr. Lemogang Kwape van Botswana ontmoet het, waar hy laat weet het van 'n kabinetsafvaardiging wat Masisi na die Chobe-distrik gestuur het om vrede en wetgehoorsaamheid in die gemeenskap aan te moedig.
– [email protected]

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
1 uur gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
17 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
17 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
17 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
17 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
17 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
17 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
17 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
17 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies