Hospitaalkrisis Rebecca se stryd
Henriette Lamprecht - ’n Vrou wie se roerende brief oor haar ma se lot by ’n staatshospitaal in Windhoek soos ’n veldbrand op sosiale media versprei het, wil nou ’n kampvegter wees vir ander pasiënte wat, soos sy, aan die openbare gesondheidsektor uitgelewer is.
Me. Rebecca Kamanda, ’n “bekommerde, wetsgehoorsame en keelvol landsburger” se brief het ook op die lessenaar van die kantoor van die presidentsvrou beland, wat haar nou wil ontmoet.
Kamanda het ook ’n Facebook-blad, “Namibia Public Health Care Association”, as ’n platform vir Namibiërs geskep om hul ervaringe hier te deel en sodoende ’n kollektiewe stem te gee aan dié wie se stemme nie gehoor word nie.
Die saadjie vir Kamanda se kruistog is geplant met haar chroniese siek ma se besoek en opname ná erge pyn verlede week aan die Katutura-hospitaal in Windhoek.
Volgens Kamanda het bure haar van haar ma se toestand laat weet. Sy het onmiddellik ’n ambulans gebel om haar 48-jarige ma na die hospitaal te vervoer. Omstreeks 12:00 het sy by die hospitaal aangekom en opdrag is gegee dat sy vir X-strale moes gaan.
Teen die tyd wat Kamanda ná werk by die hospitaal aangekom het, het haar ma reeds ure lank in haar eie braaksel gelê sonder dat enigiemand haar gehelp het.
“Niemand het haar gehelp nie, niemand. Om haar in so ’n toestand te sien, was verskriklik,” vertel Kamanda.
Personeel se verweer oor hoekom haar oproepe om hulp nie beantwoord is nie, is dat hulle “ander pasiënte het om voor te sorg”.
Kamanda moes haar ma noodgedwonge skoonmaak. Toe sy begin foto’s neem en ’n video maak van wat besig was om om haar te gebeur, het drie mans in uniform, in opdrag van personeel, opgedaag en daarop aangedring dat sy dit uitwis.
Sewe ure ná sy by die hospitaal aangekom het, is Kamanda se ma uiteindelik na die “groot kamer” vir X-strale geneem.
“Hier was een dokter en een verpleegster, besig om studente op te lei met 20 pasiënte wat buite gewag het en nog sowat 14 wat op beddens gelê en wag het.”
Eers teen 01:00 die volgende oggend is haar ma gehelp en was die dokter se mening “daar is niks verkeerd nie, sy kan maar huis toe gaan”.
Volgens haar is haar ma egter nooit deur die betrokke dokter ondersoek nie.
Kamanda se ma is die volgende oggend deur ’n ander dokter gesien wat beklemtoon het sy móét opgeneem word, omdat sy ernstig siek was.
Sy is Saterdag met die “wondermedisyne” Panado ontslaan en sonder die chroniese medikasie wat sy moet gebruik. Hiervoor het sy ’n voorskrif ontvang om dit gister by die hospitaal se apteek te gaan afhaal. Dit was egter nie in voorraad nie en haar seun is opdrag gegee om vandag maar weer te gaan kyk of dit wél beskikbaar is.
Volgens Kamanda is die “patetiese toestand” van regeringshospitale vir niemand meer ’n verrassing nie.
“Elke mens het die reg op gesondheidsorg, of jy arm of ryk is, vir elkeen moet dit dieselfde diens wees.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie