Hosea Kutako se kapasiteit verdubbel ná opknapping
Die uitbreiding en opgradering van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) ter waarde van N$250 miljoen sal na verwagting teen die einde September voltooi wees.
Die spesialistoerusting, soos onder meer die hantering en herwinning van bagasie, sal teen einde Oktober in gebruik geneem word.
Die projek wat in Oktober 2019 van stapel gestuur is, het ten doel om die uitdagings rakende opeenhopings van passasiers en veiligheid en sekuriteit te bowe te kom, terwyl die lughawe steeds aan internasionale regulasies en standaarde voldoen.
Die uitbreiding het gefokus op gebiede soos onder meer aankomstoonbanke, 'n restaurant, bagasievervoergeriewe, 'n nuwe vertreksaal, veiligheids- en immigrasiepunte.
Die projek het ook die uitbreiding van geriewe vir binnelandse, BBP- en BBBP-reise ingesluit.
Die boukontrak is aan Nexus Contractors, as die hoofkontrakteur, toegeken, wat saam met ander 100% Namibiese subkontrakteurs, asook professionele konsultasiemaatskappye die werk gedoen het.
Die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) het N$95 miljoen vir die projek bewillig, terwyl die res uit die tesourie se sak gekom het.
Die projek se doelwit is om die lughawe se kapasiteit te verdubbel om die toename in besoekers tot 2030 te akkommodeer.
GROTER, BETER
Die uitbreidings sluit in 18 aankomstoonbanke en vyf bykomende selfdienskiosks. Die immigrasietoonbanke vir vertrekkende passasiers is ook van drie tot sewe vermeerder, terwyl die vertreksaal vergroot is om die groeiende aantal passasiers te akkommodeer.
By aankoms sal die nuwe vertreksaal, as uitbreiding van die bestaande terminaal, 17 immigrasietoonbanke in vergelyking met die huidige agt bied, terwyl die bagasiesaal uitgebrei sal word en met drie moderne bagasievervoerbande toegerus sal word sodat daar vyf in totaal is.
Tans vlieg Airlink, FlyWestair, Ethiopian Airlines en Eurowings Discover na HKIA en meer rederye sal na verwagting in die toekoms van die lughawe gebruik maak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie