'Horingsmokkelaar' by Vioolsdrif-grenspos vas
'Horingsmokkelaar' by Vioolsdrif-grenspos vas

'Horingsmokkelaar' by Vioolsdrif-grenspos vas

Vingerafdrukke van die beskuldigde met twee verskillende name en dubbele burgerskap stem ooreen.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – 'n Man met dubbele burgerskap en twee identiteite wat met die rooftog van 33 renosterhorings uit 'n kluis in 'n huis op Outjo in September 2019 verbind word, is in Februarie by die Suid-Afrikaanse grenspos, Vioolsdrift, met twee renosterhorings vasgetrek.

Annanias Jeremia Amukwa Shikongo oftewel Thomas Francisco met die bynaam Chester, en twee Mosambiekers het glo probeer om die twee renosterhorings vanaf Suid-Afrika na Namibië te smokkel.

Shikongo is verlede jaar ná die opspraakwekkende renosterhoringdiefstal op Outjo in Namibië in hegtenis geneem. Die eienaar van 'n private lodge langs die Etosha Nasionale Park het sy renosters onthoring om stropery te voorkom en die horings in sy kluis geberg.

Tydens Shikongo se inhegtenisneming is 'n vuurwapen en ammunisie sonder die nodige lisensies by hom gevind. Hy het skuldig op hierdie klagte gepleit en 'n boete betaal.

Volgens die Namibiese polisie (Nampol) word vermoed dat Shikongo die vuurwapens en juwele wat ook uit die kluis van die renostereienaar gesteel is, in Suid-Afrika verkoop het.

Geen van die gesteelde goedere is teruggevind nie, maar die vermeende Angolese koper van die renosterhorings is in Maart vanjaar in hegtenis geneem.



BORGTOG VAN N$5 000

Shikongo is egter op 11 November in die Outjo-landdroshof op borgtog van N$5 000 vrygelaat.

Hy moes weer op 15 April in die landdroshof op Outjo verskyn, maar het nie opgedaag nie. 'n Lasbrief is vir sy inhegtenisneming uitgereik.

Ene mnr. Thomas Francisco is op 3 Februarie by Vioolsdrif deur die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) met twee renosterhorings in sy besit in hegtenis geneem.

Die hoof van die eenheid van be­skermde hulpbronne (PRU) van Nampol en die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, het gister aan Republikein gesê Nampol het nou saam met die Valke van Suid-Afrika gewerk om die beskuldigde se identiteit vas te stel.

“Hy het beide Namibiese en Suid-Afrikaanse burgerskap, maar ver­skillende identiteite – Shikongo en Francisco.

“Nampol het op 7 Februarie inligting van die SAPD op Springbok ontvang dat 'n Suid-Afrikaanse burger, mnr. Thomas Francisco, en twee Mosambiekers in hegtenis geneem is. Francisco het sy Namibiese identiteit aan die SAPD ontken en was in besit van 'n geldige Suid-Afrikaanse paspoort en identiteitsdokument,” het De Klerk gesê.

“Nampol het destyds Shikongo se vingerafdrukke geneem toe hy in hegtenis geneem is, wat 'n skoon rekord van hom aangedui het. Die SAPD het Nampol met Francisco se vingerafdrukke voorsien wat positief met Shikongo s'n verbind is.

“Die foto van die Suid-Afrikaner, sy tatoeëermerke en letsels het ooreenkomste met die beskuldigde in die renosterdiefstalsaak van Outjo gehad,” het De Klerk verduidelik.

Groot ontevredenheid heers onder Namibiese private renostereienaars omdat Francisco 'n pleitooreenkoms op die klagte van die onwettige besit en vervoer van renosterhorings met die Suid-Afrikaanse owerhede bereik het.

Sy pleitooreenkoms behels 'n boete van R50 000 of 18 maande gevangenisstraf waarvan 24 maande vir drie jaar opgeskort is.

“Waarom is Shikongo in die eerste plek op borgtog van slegs N$5 000 vrygelaat?” vra 'n Namibiese renostereienaar.

Die eienaar van die 33 renosterhorings is net so onthuts en sê ligte strawwe soos hierdie sal geensins renosterstropers en -horingsmokkelaars ontmoedig nie.

“Dit maak ons en die owerhede moedeloos wat al die harde werk doen om wildmisdadigers vas te trek,” het hy aan Republikein gesê.

Francisco se Mosambiekse medebeskuldigdes sou gister weer in die hof op Springbok verskyn het.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026