Hoër munisipale heffings vir plotte, landgoedere

Belastingbetalers skop teë

11 October 2018 | Regering
Frank Steffen - Die Windhoekse munisipaliteit gaan voort met hul planne om munisipale tariewe vir spesifieke landgoedere en plotte in sy grensgebiede te hef.

Die munisipaliteit se uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, het einde September in 'n openbare kennisgewing gesê die "heffing van munisipale tariewe vir uitgebreide grensgebiede in die munisipale gebied van Windhoek" is opgelos.

Volgens dié kennisgewing sal die privaat ontwikkelde landgoedere soos Finkenstein, Sungate, Regenstein, Omeya en Herboth's Blick, asook die Brakwater-gebied (die nywerheidsgebied ingesluit), die Nubuamis-nywerheidspark en Kempinski “en alle ander dorpsgebiede binne die uitgebreide grensgebiede van Windhoek” munisipale tariewe moet betaal wat tot 1 Augustus terugdateer.

Heffings sal beperk word tot tariewe, belasting en afvalbestuurtariewe.

Me. Lydia Amutenya, munisipale woordvoerder, meen "hierdie mense gebruik dieselfde infrastruktuur as enigiemand anders, so hulle moet ook bydra”.

In die verlede het die stadsraad sy begroting jaarliks in Julie bekend gemaak.

Terwyl brokkies van die begroting van tyd tot tyd aan die media uitgelap is, het die stadsraad vanjaar geweier om dit bekend te maak, met inwoners wat nie weet hoe die munisipaliteit beplan om die publiek se belasting aan te wend nie.

"Vanjaar moet ons begroting eers deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling goedgekeur word. Ons kan die geld eers begin bestee sodra die begroting goedgekeur is, maar dit het nog nie gebeur nie," het Amuntenya gesê.

Die munisipaliteit het sy belasting en tariewe, asook alle ander inkomstetariewe, met tussen 5% en 300% verhoog (in die geval van gemeenskapsentrums en ander), en is oënskynlik nie bewus daarvan dat hy sy belastingbasis oorbelas nie.

Dít het in die verlede daartoe gelei dat organisasies die raad versoek het om hul skuld af te skryf – veral in die geval van kleuterskole en ander gemeenskapsprojekte wat dit moeilik vind om genoegsame bydraes van reeds arm gemeenskappe in te vorder.

Die munisiapliteit het belasting en tariewe en alle ander verwante munisipale heffings op ’n soortgelyke manier sonder goedkeuring van hul lynministerie aangepas.

In die geval van landgoedere kan aangevoer word die tariewe en heffings word deur welgestelde burgers betaal.

Belastingbetalersverenigings verskil egter hiermee en voer aan baie middel- en laeinkomstehuishoudings op Brakwater verkies om op plotte buite die stad te bly, want hulle kan dit nie bekostig om in Windhoek te bly nie.

“Van hierdie mense kan op Brakwater oorleef, want hulle het kleinskaalse boederye en hierdie plotte is voorheen vir dié tipe boedery goedgekeur.

“Hulle kan plaasbelasting betaal, maar nou moet hullle hoër stadstariewe en -belasting betaal, wat nie vir hulle moontlik is nie,” het 'n verteenwoordiger van 'n belastingbetalersvereniging gesê.

Amutenya verskil hiermee, hoewel Brakwater se ploteienaars 'n verhoging van tot 1 000% in die gesig staar.

Soortgelyk

 

Man sterf op Walvisbaai-Swakopmund-pad

8 ure gelede | Ongelukke

Die 27-jarige Franico Esly Huseb is vandag omstreeks 07:30 dood, nadat die bakkie waarin hy op reis was op die pad tussen Swakopmund en Walvisbaai...

Eksamenuitslae dán bekend

9 ure gelede | Onderwys

Die voorlopige uitslae vir graad 10 (JSC) en graad 12 (NSSC) hoë vlak vir voltydse en deeltydse kandidate word aanstaande Donderdag (20 Desember) amptelik bekendgemaak....

Drie meisies verdrink in sandputte

10 ure gelede | Ongelukke

Die Namibiese polisie in die Ohangwenastreek het ‘n beroep op kontrakteurs gedoen om sandputte toe te stoot wat geskep is met die uitgrawe van sand...

1,6 miljoen toeriste besoek Namibië in 2017

11 ure gelede | Toerisme

Altesaam 2,2% meer toeriste het Namibië in 2017 as in die vorige jaar besoek met meer as 1,6 miljoen buitelandse toeriste wat die land ingestroom...

Studente betaal meer by Unam

11 ure gelede | Onderwys

Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land, het die universiteitsraad genoop om klasgelde...

Plunderwoude: Ministerie ontken ongerymdhede

22 ure gelede | Plaaslik

Elvira Hattingh - Die ministerie van landbou, water en bosbou sê die meerderheid permitte wat vir die oes en vervoer van hout uitgereik is, is...

Polisie op sy knieë

22 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, sê die land se finansiële verknorsing het die mag op sy knieë.Ndeitunga het...

Avihe-moordenaar het dalk landuit gevlug

22 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – As Avihe Cheryl Ujaha (9) nie deur iemand in haar binnekring vermoor is nie, is haar moordenaar(s) waarskynlik al landuit.Só sê die...

Weer vir 13 Desember 2018

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde buie plek-plek in die noordelike en sentrale dele. Elders sal dit sonnig en baie tot...