Hoop vir Tokio nog lewend vir karatekas
Karate
Jesse Jackson Kauraisa – Namibië se voorste uitblinkers in karate het steeds vertroue dat hulle 'n geskiedkundige kwalifisering vir die Olimpiese Spele kan behaal, ná hul terugkeer van 'n oefenkamp in Suid-Afrika.
Die groep van vyf karatekas en drie spanbeamptes was vanaf laas Woensdag (6 Januarie) by die Morgan Moss Karate en Sportkondisioneringsentrum in Krugersdorp, Gauteng, en het Maandag teruggekeer.
Die mikpunt was om hul vaardighede en skerpheid op te knap, met blootstelling teen van die buurland se beste mededingers in hul onderskeie kategorieë.
Die reis is ook ingespan om die Namibiërs voor te berei op kompetisies wat vir later vanjaar beplan word.
Afrigter Llewellyn Manale sê die groep het hulle goed van hul taak gekwyt.
“Ons is verheug met die verloop van die reis en is ook bly om veilig terug te wees. Ons het meestal in 'n bio-borrel gebly en het seker net een keer 'n inkoopsentrum besoek.
“Ek glo ons karatekas het 'n goeie kans om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer indien hulle in 'n paar opsigte hul verbetering volhou,” het Manale gesê.
Freddy Mwiya Junior en Suzelle Pronk se reis is deur die Olimpiese Solidariteitsfonds gefinansier, terwyl Keanu Stuurman, Michael Nakapandi en Joshua Kunneke vir hul eie toerkoste verantwoordelik was.
“Ek is besonder tevrede met die verloop van ons oefenkamp in Suid-Afrika, omdat ons soveel van Morgan geleer het.”
Mwiya het gesê: “Ons is dankbaar teenoor elkeen wat hierdie reis vir ons moontlik gemaak het en nou hang dit van my af om alles in my vermoë te doen om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer.”
Afrigter Manale het gesê dit is belangrik dat die karatekas vooraf geleentheid kry om in hopelik verskeie kompetisies op hul skerpste te wees voordat hulle by die groot kwalifiserende geleentheid vir die Olimpiese Spele aankom.
Net tien karateka in elke item (mans en vroue, elk net in drie gewigsklasse) sal vir die Spele in Tokio, Japan, die paal haal. Die helfte van dié plekke is reeds óf aan die gasheerland Japan of aan die topvier deelnemers op die wêreldranglys toegeken.
Die oorblywende posisies kan net nog by die kontinentale kampioenskap (twee plekke per item), of by 'n wêreldwye Olimpiese uitduntoernooi (11-13 Junie in Parys, Frankryk), of per spesiale uitnodiging verseker word.
Die Namibiese Sportkommissie se hoofadministrateur, mnr. Freddy Mwiya, het die span verseker dat die regering alles in sy vermoë doen om die land se sportmense by te staan wat reeds vir die Spele gekwalifiseer het, of wat nog 'n kans staan om die kwalifikasie te behaal.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie