Hoop vir Hardap

Die behoefte om ander te help, laat ‘n Rehobother groot drome vir haar welsynsorganisasie koester.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer

‘n Liefdadigheidsprojek wat ontstaan het om ontredderde vroue en kinders in landelike gebiede in die Hardapstreek tydens die Covid-grendeltyd in 2020 te versorg, het intussen in ‘n volwaardige, geregistreerde welsynsinisiatief ontwikkel.

Martha McNab, ‘n 54-jarige haarkapper en marathon-atleet met ‘n groot omgeehart, se Step Up Ark-welsynsorganisasie verskaf nou voltyds maaltye aan kinders uit 60 huishoudings in hoofsaaklik die Burgershoek- informele nedersetting by Rehoboth.

Sy het ook intussen ‘n hoewe van 3 hektaar aan die organisasie geskenk waar ‘n groentetuin aangelê is om Step Up Ark se sopkombuis van groente te voorsien.

Verder het sy en haar 27-jarige dogter, McZene, ook ‘n vroeëkinderontwikkelingsentrum begin om kinders uit arm gemeenskap vir skool voor te berei.

Haar volgende projek is die oprigting van ‘n veilige hawe op die hoewe waar vrou sonder heenkome met hul kinders gehuisves kan word.

Martha het ook met die hulp van een van Step Up Ark se raadslede, Erica Mulundu, vaardigheidsklasse vir vroue aangebied en wil in die toekoms daarop voortbou.

Omdat sy self baie lief is vir sport en marathons hardloop, reël sy gereeld wedlope op Rehoboth vir veral die ouer kinders in die gemeenskappe wat deur Step Up Ark ondersteun word.

Die afgelope Saterdag het sy vyf van dié gereelde deelnemers, almal meisies tussen 13 en 21 jaar, op ’n bederfuitstappie na Windhoek gebring.

“Ek het die uitstappie gereël om met Unicef (kinderfonds van die Verenigde Nasies) se Internasionale Kinderdag saam te val,” sê Martha.

Omdat die meisies almal ‘n 32 km-wedloop wat sy gereël het, suksesvol voltooi het, is aansporingsertifikate aan hulle oorhandig.

Martha en die vrywilligers wat haar help, is tans ook besig om geld in te samel sodat hulle in Januarie wanneer die skole heropen, vir 500 behoeftige kinders in die Hardapstreek geskenkpakke met skryfbehoeftes in kan gee.

“Ons doen dit deur kolwyntjies te bak en te verkoop. Op die oomblik gaan dit maar stadig; ons het nog net 300 verkoop,” sê sy.

Besighede en individue wat dié projek wil ondersteun deur kolwyntjies te bestel of skryfbehoeftes te skenk, kan haar by 081 661 0051 bel. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!