Hoop vir Belinda
Hoop vir Belinda

Hoop vir Belinda

’n Operasie in die buiteland kan ’n verlamde vrou moontlik weer die gebruik van haar hand en arm teruggee.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Meer as 20 jaar ná ’n motorongeluk haar totaal verlam gelaat het, kan ’n vrou van Otjiwarongo danksy ’n gesofistikeerde operasie in die buiteland moontlik die gebruik van haar arm en hand herwin.

Belinda Vermeulen kan niks self doen nie en is afhanklik van helpers om haar daagliks te versorg. Die tendon- of senuwee-oordrag wat in Australië gedoen word, is nou ’n flikkering van hoop wat kan help dat sy die gebruik van haar arm en hand terugkry.

“Dalk nie volle vingergebruik nie,” sê Belinda “maar ek sal my duim en wysvinger kan gebruik om onder meer te skryf.”

Die tendonoordrag is wanneer ’n tendon van ’n werkende spier (skenkerspier) herlei word na die tendon van ’n verlamde spier of been naby ’n gewrig in ’n poging om funksie te herstel.

Bewegings wat herstel kan word, sluit in om jou elmboog reguit te maak en om jou vingers om ’n voorwerp te kan sluit om dit vas te hou.

Belinda se pad strek so ver terug as 1994 met haar verlowing aan Frans Holtzhausen met wie sy in Desember daardie jaar in die huwelik sou tree.

In September 1997 het sy en Frans as paartjie ’n pos by ’n lodge in die Zambezi aanvaar. In ’n tragiese verloop van omstandighede is Frans op 2 Oktober, sy verjaarsdag, dood ná hy deur krokodille gevang is.

“Ek was gebreek en is dadelik terug huis toe (in Windhoek). Alles was te veel en ek het nie gecope nie,” vertel Belinda.

In Januarie 1998 het die kerk waaraan Belinda in daardie stadium behoort het, die Emmanuel-gemeente in Windhoek, ’n sendingjaar onder die vaandel van “Anazoa” (om weer te leef) begin. Belinda het aangesluit en in Junie 1998 is sy deel van ’n groep wat aan ’n uitreikaksie in Swaziland sou deelneem.

Op 27 Junie 1998 op pad Swaziland toe het die bakkie waarin Belinda ’n passasier was, in Botswana gerol.

Haar C4- tot C7-nekwerwels is vergruis en op 25-jarige ouderdom is sy toe van die nek af ondertoe verlam.

Die gebruik van haar een arm is beperk en sy kan glad nie haar vingers gebruik nie.

Dit het haar hele lewe verander, sê Belinda. Sy het haar vaste inkomste verloor, nie tot ’n mediese fonds behoort nie en het by haar ouers gaan bly.

“My ma het my tot my pa se dood in 2007 versorg. Ek kan tot vandag niks self doen nie. Alles moet vir my gedoen word – bad, aantrek, eet, drink en op die bed getel word. Ek het geen privaatheid nie.”

Ook as sy met vakansie gaan, moet Belinda iemand saamneem wat haar kan help.

Sedert November 2007 en danksy die finansiële ondersteuning van die Belinda Vermeulen-trust wat as mediese fonds dien, kan sy ’n woonstel huur en het sy drie vroue wat in skofte werk om haar fisiek by te staan.

“Ek leef op geloof, maar ek sukkel maar finansieel.”

Belinda het van dr. Natasha van Zyl wat senuwee-oordragte in Australië doen, te hore gekom.

“Dit kan my help om arm- en handgebruik terug te kry. Dalk nie die volle gebruik van my vingers nie, maar ek sal my duim en wysvinger kan gebruik. Ek sal beslis ’n hele paar goed met inoefening en die hulp van fisioterapie self kan doen.”

Die Belinda Vermeulen-trust dek nie haar en haar versorger se reis- en verblyfkostes nie.

Volgens Van Zyl beloop die prosedure vir beide haar arms sowat A$150 000 (Australiese dollar).

Vir bydraes tot die Belinda Vermeulen-trust en meer inligting oor die prosedure kan Belinda by 081 297 8177 of [email protected] gekontak word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.44/OZ UP +0.33% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.56% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.99/BBP UP +0.11% | Platinum US$ 910.75/OZ DOWN -0.0056 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.44/OZ UP +0.33% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.56% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.99/BBP UP +0.11% | Platinum US$ 910.75/OZ DOWN -0.0056