Hoop beskaam vir toerisme

Geen vlugte tot middel September

31 August 2020 | Toerisme
Francoise Steynberg



Ondanks die Hosea Kutako Internasionale Lughawe (HKIA) se verklaarde gereedheid om môre buitelandse toeriste terug te verwelkom, is daar geen vlugte tot middel September geskeduleer nie.

Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het verlede week die nuwe implementeringsprotokol vir die internasionale toerismeherlewingsplan aangekondig.

Intussen het pres. Hage Geingob Vrydag die Khomasstreek se inperkingstyd tot 12 September verleng wat verdere vrae en onsekerheid in die toerismebedryf meegebring het.

“Hoewel die Khomasstreek steeds ingeperk is, kan toeriste met vooraf gereëlde reispermitte buite die grense van dié streek reis,” het die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, die naweek aan Republikein bevestig.

Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, (HAN), me. Gitta Paetzold, sê voor middel September sal geen vliegtuig inkom nie en die Condor-lugredery het sy Duitsland-Namibië-roete vir die res van 2020 gesluit.

Volgens haar is die Lufthansa-groep (met Brussels Airlines) gereed om op 19 September op HKIA te land.

“Hopelik is die Khomasstreek daarna weer oop. So lewe ons maar van 14 dae tot die volgende 14 dae,” het Paetzold gesê.

“Ek het ook voorgestel dat Air Namibia gereed staan om inkomende gaste vanaf HKIA dan na die Zambezistreek, Lüderitz en ander bestemmings te vlieg, maar die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) wil vir eers net internasionale vlugte by HKIA toelaat en alle binnelandse vlugte weer na Eros-lughawe verskuif.”



NAMIBIë BLY 'HoëRISIKO'

Boonop het Duitsland en Oostenryk hul reiswaarskuwing na Namibië verleng.

Namibië word tans as 'n Covid-19-hoërisikoland beskou en geen reisversekering is derhalwe beskikbaar nie.

Europese lande het ook hul beleid verander met 'n 14 dae selfbetaalde kwarantyn wanneer van hoërisiko­gebiede teruggekeer word.

“Met die nuwe kwarantynreëlings in die Europese Unie het ons al aansienlike kansellasies vir September en Oktober gekry,” het Paetzold gesê.

“Die maatreëls vir toeriste is te erg. Saam met die vereiste negatiewe ­Covid-19-toetsuitslag 72 uur voor hul vlug, soek die regering nóg 'n tweede toets hier vyf dae ná hul aankoms.

“Die lodges wat as eerste bestemming geldig is, moet nou eers by die gesondheidsministerie aansoek doen wat dit moet inspekteer, goedkeur en sertifiseer,” verduidelik sy.

“Vyf dae ná die toeriste se aankoms gaan gesondheidsbeamptes toeriste weer by hul eerste verblyfplek toets voor toeriste na hul volgende bestemming kan reis. Ek weet nie of daar genoeg kapasiteit is nie.”

Volgens Paetzold is alles veels te ingewikkeld en onseker, sodat toeriste beslis nie sal wil kom kuier nie.

“Drie dae voordat toeriste terugvlieg, moet hulle weer getoets word en moet dan in hul tuisland twee weke in kwarantyn bestee.

“Nee wat, hoe meer ons daaroor dink, hoe meer onmoontlik lyk dit. Oop grense, sonder kwarantyn en duisende toetse, is al wat gaan werk,” sê Paetzold.

Die uitvoerende hoof van die Namibië Professionele Jagvereniging (Napha), me. Tanja Dahl, sê “alles lyk beroerd en almal is baie moedeloos”.

Sy sê daar is baie vrae, soos: “Moet toeriste by lodges voor agtuur saans klaar wees met aandete en in hul kamers wees om die aandklokreël te gehoorsaam?”

- [email protected]

Soortgelyk

 

77 leerlinge van dieselfde skool toets binne vier dae...

52 minute gelede | Gesondheid

Nog agt leerlinge van die senior sekondêre skool Oshakati het positief vir Covid-19 getoets wat die totaal leerlinge van die skool wat positief getoets het...

Geingob sê oor Covid-19-weg vorentoe

2 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê pres. Hage Geingob sal vandeesweek ’n aankondiging maak oor die regering se voortgesette hantering...

Covid-19: Aankondiging kom oor pad vorentoe

4 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê pres. Hage Geingob sal vandeesweek ’n aankondiging maak oor die regering se voortgesette hantering...

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

16 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

16 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

16 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

16 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

16 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...