Hoofuitvoerende beampte van Fortune 500-maatskappy, wy nuwe hoofkantoor vir ACGO Afrika in
“Afrika speel toenemend ‘n sleutelrol om die wêreld se groeiende bevolking te voed en om die wêreldwye uitdaging van voedselsekerheid die hoof te help bied,” sê Martin Richenhagen, Voorsitter en Hoofuitvoerende Beampte van AGCO, Your Agriculture Company, ‘n wêreldwye vervaardiger en verspreider van landboutoerusting.
Mnr. Richenhagen het tydens die amptelike inwyding van AGCO se nuwe Afrika-hoofkantoor in Johannesburg op 21 Mei 2018, die maatskappy se toekomsblik en strategie om ‘n nuwe bloeitydperk in landbou in Afrika te bevorder, in sy hoofrede uitgestippel.
“AGCO, met ‘n wêreldwye omset ter waarde van VS$8.3 biljoen, onderneem tans ook grootskaalse beleggings in Afrika om voedelsekerheid en volhoubare produktiwiteit met tegnologies vernuwing op die vasteland te bevorder, het Mnr. Richenhagen verduidelik. “As ‘n ongeëwenaarde innovasieleier, bied ons tans die uitdaging om meer voedsel met minder hulpbronne te produseer, onvoorwaardelik die hoof.”
Die inwyding van die nuwe Johannesburgse hoofkantoor is slegs ‘n gedeelte van AGCO se volgehoue infrastruktuurontwikkeling op die vasteland. Die maatskappy se uitbreidings sluit onder meer ook in ‘n onderdeelpakhuis, die AGCO Toekomsplaas en Opleidingssentrum in Zambië en ‘n Gesamentlike Onderneming om trekkers in Algerië te bou. Die maatskappy het onlangs ook die nuwe AGCO Agrisakekwalifikasie (ASK) stapel gestuur. Dit is ‘n geakkrediteerde agrisake-opleidingsprogram van twee jaar,
Die maatskappy toon ook ‘n beduidende belangstelling om nouer by die Agriparkprojek, ‘n netwerk van vernuwende landbouproduksie, verwerking, logistiek, bemarking, opleiding en ander diensverskaffing, betrokke te wees.
“Met ons groot verskeidenheid van produkte, dienste en kundigheid, kan AGCO ‘n uiters belangrike bydra maak tot die sukses van hierdie opwindende onderneming om landbouproduksie en ekonomiese vooruitgang in afgeleë landelike gebiede te bevorder,” het Naradin Osman, AGCO se Ondervoorsitter en Algemene Bestuurder vir Afrika gesê.
“Die maatskappy se benadering om “Afrika vanuit Afrika” te bedien staan sentraal tot ons strategie om landboukundige vooruitgang en groei op die vasteland te bevorder. Afrika – jou tyd het gekom,” het Gary Collar, AGCO se Senior Ondervoorsitter en Algemene Bestuurder vir Asië, die Pasifiese streek en Afrika gesê.
“Dit was vir my ‘n wonderlike voorreg gewees om ander belanghebbendes by Afrika se landboukundige vooruitgang te ontmoet. Ons maatskappy is gebonde aan Afrika en sal beslis beskikbaar wees om ‘n bydra te lewer tot ondernemings wat landbou op ‘n nuwe manier wil bedryf om ekonomiese groei en werkskepping in die hand te werk,” het Mnr. Richenhagen gesê.
Mr Richenhagen sal na afloop van die inwyding van die Afrika-hoofkantoor, die AGCO Toekomsplaasaanleg by Lusaka in Zambië besoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie