Hongkong begin opruim ná supertifoon
Vloedwaarskuwings is ook uitgereik vir 38 riviere in die naburige streek van Guangxi.
Hongkong se finansiële markte was gister weer aan die gang, terwyl die res van die streek begin het met opruimingswerk nadat ’n supertifoon China se Guangdong-provinsie oor die naweek getref het.
Die Chinese owerhede noem dit die “koning van storms”.
Dié tifoon, een van die sterkstes wat die streek tot nog toe vanjaar getref het, het verwoesting in Hongkong en Macau gesaai.
Die tifoon Mangkhut met orkaan-sterk wind het verby die noordelike punt van die Filippyne beweeg voordat dit die suide van Hongkong en die naburige Macau getref en oor China beweeg het.
Geen berigte is ontvang van enige sterftes in hierdie gebiede wat erge oorstromings ervaar het nie.
Daar is vroeër berig dat meer as 50 mense weens die tifoon in die Filippyne dood is.
Volgens China se weerdiens het die tifoon omstreeks 06:00 oor die westelike dele van Guangxi begin woed voordat dit afgegradeer is tot ’n tropiese storm.
Wind van meer as 200 km/h is tot dusver aangeteken, sterker as die winde van 150 km/h van die orkaan Florence wat Noord-Carolina in Amerika reeds sedert Vrydag teister.
GUANGDONG
Die staatsuitsaaier China Central Television het berig dat vier mense in Guangdong dood is. Dit is een van China se digbevolkte provinsies met meer as 100 miljoen inwoners.
Vloedwaarskuwings is ook uitgereik vir 38 riviere in die naburige streek van Guangxi.
Daar is ook berig dat meer as 13 300 ha se landbougrond beskadig is.
Sowat 2,45 miljoen mense moes Sondagaand ontruim word.
Heelwat hoë geboue in Hongkong is beskadig en die stadsowerhede het reeds begin om strate op te ruim wat met puin en bome besaai is.
Sommige vervoerdienste is steeds opgeskort terwyl vlugte, wat Sondag opgeskort is, weer hervat is.
Meer as 20 000 huishoudings is sonder elektrisiteit gelaat.
Die verwagting is dat die storm gister nog dele van Guizhou, Chongqing en Yunnan kan tref. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie