‘Honger’ besoekers kan Eagles opnuut uitdaag

Krieket

24 November 2021 | Sport
Tielman van Lill

Vyf belangrike internasionale eendagwedstryde wag op die Eagles.

Oman en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) speel vanaf Vrydag tot 6 Desember by Wanderers, Windhoek, in die Internasionale Krieketraad se Krieketwêreldbekerliga 2-kompetisie (WCL) teen Namibië.

Dié driehoekige Castle Lite-reeks van agt wedstryde sal die Eagles se eerste deelname aan die WCL-kompetisie sedert Januarie 2020 wees. Namibië het toe in Al Amarat, Oman, teen Oman en die VAE kragte gemeet.

Maar weens die dood van sultan Qaboos Bin Said van Oman, was die Eagles se laaste wedstryd teen Oman op 12 Januarie gekanselleer sonder dat ’n bal geboul is.

Die Eagles het teen die VAE in hul eerste wedstryd met agt lopies die knie gebuig en is drie dae later in hul tweede kragmeting opnuut met agt paaltjies deur die VAE geklop. Teen die gasheer het Namibië met 52 lopies hul eerste sege beklink.

Of die VAE weer so maklik sy sin soos verlede jaar teen die Eagles gaan kry, word betwyfel. Die Eagles se nuutgevonde kennis wat die span by die onlangse T20-Wêreldbeker in die VAE opgedoen het, sal handig te pas teen beide die besoekers kom.

Oman is ná 18 wedstryde die voorloper op die WCL-puntelys, die Eagles (7 wedstryde) in die vyfde posisie met die VAE sesde.

Pierre de Bruyn, hoofafrigter van die Eagles, het aan Republikein gesê: “Die T20-Wêreldbeker (T20WB) is nog vars in almal se geheue, maar dis geskiedenis. Die mooi stories en sukses is nou verby. Dis geskiedenis en harde feite. Dis nou maar hoe sport werk.

“Hierdie is ’n nuwe uitdaging. Natuurlik sal ons die momentum en al die positiewe goed van die Wêreldbeker vorentoe wil neem. Oman en die VAE is ongelooflike sterk spanne en is honger vir sukses teen ons. En as hulle honger is maak dit hulle baie, baie gevaarlik.

“Oman het beslis ’n appeltjie met die Eagles te skil, want hulle kon nie by die T20WB na die Super 12-ronde deurdring nie. Die VAE het glad nie vir die WB gekwalifiseer nie.

“Ons sal nou proaktief in terme van ons benadering moet wees en die T20-wittebrood gevoel so vinnig moontlik moet afskud. Anders gaan ons onkant in situasies betrap word waarin ons nie wil wees nie.

“Aangesien die Eagles die afgelope maande baie T20 gespeel het, sal die 50 beurt-eendagwedstryde meer energie en konsentrasie van die spelers verg. Ons sal die intensiteitsvlakke deurgaans hoog moet hou en die wedstryde goed moet bestuur.

“Dit is vyf verskriklik belangrike wedstryde vir die Eagles. Dit is die eerste van 29 oorblywende ODI-wedstryde vir die Eagles in die WCL-kampioenskap.

“Elke ODI van nou af is en gaan van absolute kardinale belang vir die Eagles wees, want dis ons brood en botter. Dis vir die spelers belangrik en om ODI-status te hê, is ’n statussimbool.

“Ons het die afgelope maande baie goeie krieket gespeel en dit sal interessant wees om te sien watter spelers hul hande gaan opsteek. Hierdie keer het ons nie ’n Gerhard Erasmus en ’n David Wiese nie en dit beteken twee nuwe kolwers gaan die geleentheid kry om hulle te vestig.

“Dis wat ek as afrigter wil sien, hoe die ander ouens hul kanse gaan gebruik. Gesonde kompetisie is ’n paar jaar gelede in die nasionale groep gekweek en ek wil sien dat die spelers opnuut vir ’n plek in die uitsoekte 11-tal baklei.

“Hierdie is ’n gulde geleentheid om te sien wie die vegters is wat die geleentheid die beste gaan gebruik.

“Ja, ons is by die huis met die beste moontlike ondersteuning. Krieket is aan die brand in Namibië en op almal se lippe. Die Eagles het daarvoor gesorg, maar ons, as nasionale span, is verantwoordelik om dit te volhou.

“Ons moet ons ondersteuners wys van die stoffasie waarvan die Eagles gemaak is. Die spelers sien baie uit na die kompetisie. Dis ’n formaat waarmee ons goed in die verlede gevaar het. Ons is gereed vir hulle.”

Program

1 Nov 26: Namibië teen Oman

2 Nov 27: Namibië t Oman

3 Nov 29: Oman t VAE

4 Nov 30: Namibië t VAE

5 Des 2: Oman t VAE

6 Des 4: Namibië t Oman

7 Des 5: Namibië t VAE

8 Des 6: Oman t VAE

WCL-puntestand

1 Oman 27 punte (18 wedstryde)

2 Skotland 12 (16)

3 Verenigde State van Amerika 16 (14)

4 Nepal 8 (8)

5 Namibië 7 (8)

6 VAE 7 (7)

7 Papoea-Nieu-Guinee 12 (0)

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

1 dag gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

1 dag gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

1 dag gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

1 dag gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

1 dag gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...