Honderde studente gradueer by Lingua
Agthonderd studente het onlangs aan die Internasionale Opleidingskollege Lingua gegradueer.
Die kollege beskik oor verskillende fakulteite en bied diplomas en grade deur middel van afstandsonderrig aan die gemeenskap.
Lingua (ook bekend as Lingua Consultancy Services) is in 2001 gestig met die doel om taalopleiding, ander opvoedkundige opleiding en konsultasiedienste aan beide die publiek (hetsy individue of instansies) en die privaat sektor te bied.
Die kollege het vinnig uitgebrei sedert sy nederige ontstaan toe net tale-onderrig gebied is. Tans bied dit Namibiese en vreemde tale aan, asook volledige reis-en toerisme-opleiding (sertifikaat, diploma en gevorderde diploma) asook ondernemingsbestuur, kommunikasie- en sekretariële studies asook inligtingstegnologie.
Die studente het in verskeie vakrigtings gegradueer, naamlik finansies en rekeningkunde, besigheidsadministrasie, menslike hulpbronbestuur, kantooradministrasie, inligtingstegnologie en reis en toerisme.
Die kollege het twee innames per jaar wat dit maklik maak vir studente wat nie 'n geleentheid gehad het om vir studies te registreer nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie