Honderde dood in modderstorting
Sierra Leone
Honderde mense het waarskynlik gister gesterf in ‘n modderstorting in Sierra Leone se hoofstad, Freetown, het die land se visepresident, Victor Foh, gesê.
"Daar is heel moontlik honderde wat onder die rommel en puin lê,” het Froh aan Reuters op die toneel van die modderstorting gesê.
Hy het bygevoeg dat ‘n hele aantal onwettige geboue in die gebied opgerig is.
"Die ramp is ernstig en ek is gebroke,” het hy bygevoeg. “Ons probeer die gebied afsper en die mense na veiligheid neem.” - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie