Honde trek menige wildstropers vas

Teenstropery-eenheid suksesvol

10 July 2020 | Omgewing
Francoise Steynberg

Die vyf honde wat in 2017 deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme ingespan is om met teenstropery te help, het reeds in 52 wildstroperysake verdagtes vasgetrek.

Die minister, mnr. Pohamba Shifeta, het Woensdag in die hoofstad gesê in die mees onlangse voorval het vier honde van die eenheid, naamlik Alex, Benno, Baron en Nora, vermeende renosterstropers op ’n plaas aangrensend tot die Waterberg-platopark vasgetrek.

Die vyfde hond, Alvero, is in die Etosha Nasionale Park gestasioneer.

Die ministerie het Woensdag ’n Toyota Land Cruiser dubbelkajuitbakkie van Standard Bank ter waarde van N$840 000 vir die gebruik van die honde-eenheid ontvang. Die bakkie is deur EFS 4x4 Accessories in samewerking met Brown Davis Africa opgegradeer.

Hondekos en -medisyne, asook hul inentings en noodhulptoerusting vir die hondehanteerders is ook deur SWAVET, MDS Animal Health en Rhino Park Private Hospitaal geskenk.

Die honde van die teenstropingseenheid is opgelei om geboue, voertuie, bagasie, vuurwapens, ammunisie en onwettige wildprodukte soos ivoor, renosterhoring, ietermagôskubbe en bosvleis uit te snuffel.

STATISTIEKE

“Vandag sien ons ’n daling in wildstroperyvoorvalle en meer inhegtenisnemings,” het Shifeta gesê en die volgende statistieke verskaf.

Vanjaar is tot dusver 17 renosters in die land gestroop in vergelyking met verlede jaar se 46 en 78 in 2018.

“Altesaam 89 verdagtes is tot dusver vanjaar in renosterverwante sake in hegtenis geneem teenoor 175 vir 2019 en 109 vir 2018. Beslag is op 15 renosterhorings gelê teenoor verlede jaar se agt en 2018 se 13,” het Shifeta gesê.

Wat olifante betref, is slegs twee vanjaar gestroop teenoor die 13 in 2019 en 27 in 2018.

Dertig vermeende olifantstropers of ivoorsmokkelaars is vanjaar in hegtenis geneem in vergelyking met 90 in 2019 en 66 vir 2018.

Volgens Shifeta is beslag op 38 olifanttande en 16 stukke ivoor vanjaar gelê teenoor verlede jaar se 116 en 2018 se 99.

Beslag is vanjaar op drie lewende ietermagôs gelê teenoor verlede jaar se 49 en 2018 se 25 ietermagôs.

“Altesaam 35 ietermagôvelle en 612 -skubbe is vanjaar gekonfiskeer teenoor 2019 se 74 velle en 2018 se 61 ietermagôvelle,” sê die minister.

Volgens Shifeta is 53 verdagtes vanjaar in verband met ietermagô-verwante sake in hegtenis geneem teenoor 2019 se 160 inhegtenisnemings en 2018 se 120 verdagtes wat vasgetrek is.

“Die skenking kom op ’n tydstip wat die land die impak van die Covid-19-pandemie ervaar. Toerisme is die hoofbron van inkomste vir die beskerming van wild en natuurbewaring,” het Shifeta gesê.

Volgens Shifeta sal die honde-eenheid later met nóg agt honde uitgebrei word wat landswyd gestasioneer sal word om stropers vas te trek.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

5 ure gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

6 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

11 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

21 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

21 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

21 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

21 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

21 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

21 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...