Honde, katte, kinders, sushi en goeie harte
Tanja Bause - Die niewinsgewende organisasie Have-a-Heart op Walvisbaai het onlangs in samewerking met Mobile Animal Clinic Namibia 'n baie suksesvolle sterilisasie- en kastrasieveldtog onderneem.
Altesaam 65 honde en katte is tydens die sesde veldtog van dié soort geopereer, ingeënt en het behandeling teen parasiete ontvang.
Die Mobile Animal Clinic was vir twee dae op Kuisebmond en Tutaleni om lae-inkomstehuishoudings se troeteldiere te opereer en te versorg.
Have-a-Heart Walvisbaai het tot dusver amper 500 honde en katte geopereer.
'VERBLYDEND'
“Dis verblydend om te sien hoe veral die kinders na hul troeteldiere omsien en vir hulle omgee,” het me. Barbara Wayrauch van Have-a-Heart Walvisbaai gesê.
“Daar was twee meisies wat baie bekommerd oor hul hond was en presies wou weet wat met hom in die mobiele kliniek gaan gebeur. Dr. (Ian) Baines het geen probleem daarmee as troeteldiereienaars wil kyk hoe hy hul diere steriliseer of kastreer nie,” het me. Sonia Sabbadini gesê.
“Dit was baie interessant om te sien die honde was in die algemeen baie gesonder as wat ons soms op ander dorpe sien,” het Baines op Facebook gesê.
Die Yokohama Sushi Bar op Swakopmund hou tot die einde van die maand 'n fondsinsamelingsveldtog ten bate van Have-a-Heart.
N$10 van elke Have-a-Heart-sushibord wat by dié restaurant bestel word, gaan aan die stigting sodat hulle die volgende sterilisasie- en kastrasieveldtog kan aanpak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie