Hommeltuie gaan in streke gons

Onbeperkte moontlikhede

23 February 2021 | Vervoer
Tielman van Lill

Die Namibian Drone Academy (NDA), wat verlede Donderdag in die hoofstad bekend gestel is, is gereed om hommeltuigentoesiaste met die regte kennis en vaardighede toe te rus.

Die NDA voldoen aan die Namibië Burgerlugvaartagentskap (NCAA) se regulasies en is die enigste NCAA-geakkrediteerde akademie in die land.

Die instrukteur, mnr. Pascal Supply, is saam met mnr. Hans Thieman, die dryfveer agter die akademie. Supply het die afgelope vier jaar saam met mnr. Humphrey Magwa van die NCAA gewerk om die akademie op die been te bring.

Nuwe NCAA-regulasies vir hommeltuie is sedert 27 Maart 2020 in Namibië van toepassing. Die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (Icao) verwys na hommeltuie as ’n afstandbeheerde lugvaartstelsel (RPAS). RPAS-vlieëniers kwalifiseer vir ’n sertifikaat en nie ’n lisensie nie.



Enige hommeltuigvlieënier moet geregistreer wees en oor die nodige private RPAS- of kommersiële RPAS-sertifikate beskik.

Supply sê: “Hommeltuie is vinnig besig om die landskap oor te neem, maar om ’n veilige lugruim te verseker, moes nuwe regulasies opgestel word”.

“Die moontlikhede vir hommeltuie is basies onbeperk. Dit kan op plase of natuurreservate teen vee- en wilddiefstal asook inspeksies ingespan word. Oorsee lewer mense pakkies af en elders in Afrika word medisyne in afgeleë gebiede versprei. Selfs gewasse word met hommeltuie bespuit. Dit is ’n ekstra oog in die lug en die polisie kan dit gebruik om misdaad te bekamp.

“Vir die entoesias gaan dit oor die genot om dit te vlieg en sommige fotograwe kan dit vir video’s en fotografie gebruik. In party lande is dit ’n sport. Ons wil graag mense met die regte wetlike kennis toerus en daarna kan hulle die nodige sertifikaat verwerf.

“Ons bied eendagwerkwinkels vir beginners aan om die basiese beginsels onder die knie te kry. Entoesiaste leer ook hoe om video’s te maak.

“As jy jou hommeltuig privaat op ’n plaas of kleinhoewe wil vlieg, is daar ’n kursus oor vyf dae waar jy die nodige opleiding betreffende die NCAA se regulasies sal leer.

“Die vlieëniers wat graag hul tuie kommersieel wil inspan, is daar ’n meer ingewikkelde en intensiewe opleiding oor sewe dae om al die kriteria te dek wat die wet vereis.”

NAMIBIESE POLISIE

Komm. Flip Blaauw, hoof van die Nampol-lugvleuel, sê die Namibiese polisie dink daaraan om in die toekoms hommeltuie teen misdaad te gebruik.

“Van die polisie se kant dink ons aan teenmisdaadoperasies. Ons wil die kriminele jag en misdaad tot ’n aanvaarbare vlak verminder. Met helikopters is dit moeilik en duur om oral te wees en hulle raas baie.

“Ons het ongeveer vyf jaar gelede begin ondersoek instel om hommeltuie te gebruik. Die idee is om in elke streek ’n opgeleide en gesertifiseerde hommeltuigvlieënier te hê.

“Ek was aangenaam verras en bly toe ek deur Pascal na die opening van die akademie genooi is. Dit sal beslis ons taak vergemaklik ons vlieëniers plaaslik op te lei,” het Blaauw gesê.

Belangstellendes kan die NDA by +264 81 659 7503 kontak of navrae kan na [email protected] gestuur word. Besoek gerus www.namibiandroneacademy.com.
- [email protected]

Soortgelyk

 

Vrou woon in haar motor by hospitaal

7 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker

7 ure gelede | Vervoer

Francoise Steynberg – Altesaam 77 vlieëniers van Air Namibia se toekoms is onseker. Boonop het bykans 75% van die redery se vlieëniers se lisensies verval...

Ses damme voller as 100%

7 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

7 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...

'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'

7 ure gelede | Byvoegsels

Ellanie Smit - Volgens ’n verslag wat aan die ministerie van staatsondernemings (SOE's) voorgelê is, staar Meatco likwidasie in die gesig indien hy nie kostes...

Hof kry Heritage Health voor stok

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die mediese fonds Heritage Health het 'n bloutjie in die hoërhof geloop nadat hy sy jaarlikse premies wou verhoog, maar dié stap...

'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'

7 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die nuwe leerplan vir skole in Namibië wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB)-stelsel volg, is vergelykbaar met die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat (SSS)...

#Indigiwalk Namibia in die pyplyn

7 ure gelede |

Augetto Graig – Die pad na 'n beter wêreld is eensaam en lank en mnr. Craig (Q7) Beckett, 'n Suid-Afrikaanse Khoisan-jagter, geneser en menseregte-aktivis, sal...

‘Geen personeel betrokke by stropery’

7 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het bevestig dat geen van sy personeel by wildstropery betrokke was nie en stropery het...