Hokaairoepers voortaan beskerm
Hokaairoepers voortaan beskerm

Hokaairoepers voortaan beskerm

Hokaairoepers wat onetiese gedrag aanmeld sal, indien 'n nuwe wetsontwerp aanvaar word, voortaan staatsbesker­ming geniet.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Namibië streef daarna om die mees deursigtige land in Afrika te word.

Om hierdie rede het pres. Hage Geingob opdrag gegee dat wetgewing op hokaairoepers so gou moontlik gefinaliseer moet word.

Dié wetsontwerp is deur die minister van justisie, dr. Albert Kawana, in die Nasionale Vergadering gemotiveer en is tans onder bespreking.

Volgens Kawana is dit elke patriotiese burger se plig om onetiese gedrag, hetsy in die staatsdiens of private sektor, aan te meld.

Terselfdertyd moet diegene wat dit doen deur die staat beskerm word teen enige moontlike intimidasie, teistering, negatiewe optrede of strafmaatreëls teen hom of haar.

“In Namibië is daar 'n gevoel dat ons goeie wette op ons statuutboeke het, maar dat die enigste probleem die gebrek aan beskerming vir patriotiese burgers en wetsgehoorsame individue is wat diegene rapporteer wat by kriminele of onetiese aktiwiteite betrokke is,” het Kawana gesê.

Hy wys daarop dat die Verenigde Nasies (VN) selfs lidlande aanraai om wetgewing in dié verband te aanvaar.

Voor die wetgewing opgestel is, is wyd gekonsulteer en besoeke is aan Kanada, Ghana, Kenia en Suid-Afrika gebring om soortgelyke wetgewing te bestudeer.

Wetgewing van Maleisië en materiaal van die VN se kantoor belas met dwelms en kriminele riglyne oor mense wat sake aanmeld, is as verwysings gebruik.

Ingevolge die wetsontwerp sal alle inligting wat deur hokaairoepers beskikbaar gestel word, as vertroulik hanteer word.

Dit sluit in inligting oor die identiteit, beroep, woon- of werkadres van 'n hokaairoeper, of waar hy hom- of haarself bevind.

Die inligting wat deur die hokaairoeper verskaf word, word ook beskerm.

Beskerming word ook gebied aan 'n persoon wat ná die deeglike ondersoek van inligtingen die verloop van die regsproses, onskuldig bevind word.

“Dit is waarskynlik dat onskuldige politici, sakelui en ander openbare figure valslik deur hul teenstaanders geteiken kan word deur die gebruik van hokaairoepers. Ons wil nie dit

in ons republiek ervaar nie,” het Kawana gesê.

Voorts maak die wet voorsiening vir die aanstelling van sogenaamde etiese- en integriteitsbeamptes aan wie hokaairoepers enige onbehoorlike gedrag kan rapporteer.

Onbehoorlike gedrag word onder meer in die wetsontwerp gedefinieer as gedrag wat daarop dui dat 'n kriminele oortreding begaan is; dat 'n persoon nie aan die wet gehoor gegee het nie; dat die gereg verydel is; dat bates vermors of wanbestuur is of dat die gesondheid en veiligheid van 'n individu of gemeenskap in die gedrang gebring is.

Verskeie instansies, afhangend van die klagtes, sal by ondersoeke betrek word, waaronder die kantoor van die ombudsman, die Namibiese polisie, die Teenkorrupsie Kommissie, die Sentrale Intelligensiediens, korrektiewe dienste, die immigrasiedepartement en die arbeidskommissaris.

Hokaairoepers kan ook ingevolge die voorgestelde wetgewing vir die beskerming van getuies, beskerming geniet.

Onder uiterste omstandighede maak die wet ook voorsiening vir ex-gratia betalings aan hokaairoepers.

'n Hokaairoeper-kantoor, bestaande uit 'n kommissaris, adjunkkommissarisse en 'n tribunaal word ook in die vooruitsig gestel.

In sommige gevalle sal hokaairoepers immuniteit teen vervolging in siviele en kriminele sake geniet.

Kawana het egter ook gewaarsku dat diegene wat met opset vals en onware inligting teen individue of instansies aanmeld, 'n boete van nie meer as N$100 000 of gevangenisstraf van nie langer as 20 jaar nie, opgelê kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026