'Hofpligte sal ek deurvoer'

27 July 2020 | Howe
Ogone Tlhage – Mnr. Johannes Stefansson, die Yslander wat 'n hoofrol gespeel het om korrupsie in die Namibiese visserybedryf oop te vlek, sê hy sal die getuiebank betree wanneer die Fishrot-verhoor uiteindelik in die Hoërhof begin.

“Ek het 'n beëdigde verklaring afgelê. As ek in die hof moet getuig, sal ek dit doen. Een ding is seker, ek sal dít wat ek begin het, deurvoer,” het Stefansson voor die naweek in 'n telefoniese onderhoud met Namibian Sun gesê.

Hy sê daar was net geen manier hoe hy die korrupsie kon ignoreer nie. Hy voel dit aan Namibië ver­skuldig vir sy aandeel in die skandaal, wat omkopery op 'n massiewe skaal behels. Die onthulling hoe plaaslike politici en amptenare deur die Yslandse vissersmaat­skappy Samherji omgekoop is om die land se mariene hulpbronne uit te buit, het plaaslik én internasionaal opslae gemaak.



HOFSAKE

Daar is tans twee primêre Fishrot-hofsake aan die gang.

Die eerste is die staat teen mnr. Bernhardt Esau en vyf ander, en die tweede is die staat teen mnr. Mike Nghipunya en vyf ander.

Daar is ook twee ander Fishrot-sake – een waar omkoopgeld glo aan 'n amptenaar van die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) aangebied is en 'n ander oor die beweerde verwydering van lêers uit die huis van die voormalige minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala.

Stefansson het 'n dag nadat borgtog in die Windhoek-landdroshof aan die oudminister van visserye, Esau, en sy skoonseun mnr. Tamson Hatukuilipi geweier is, verder oor dié sage uitgebrei.

Die twee se aansoek om borgtog is deur landdros Duard Kesslau geweier op grond van die reeks ernstige aanklagte met betrekking tot openbare fondse wat hulle reeds in die gesig staar.

Fishcor is in die middel van die omkoopskandaal wat Esau, Hatukuilipi, Shangala, mnr. James Hatuikulipi (gewese voorsitter van die Fishcor-bestuur), Nghipunya (geskorste uitvoerende hoof van Fishcor) en mnr. Ricardo Gustavo, gewese Investec-bestuurder, agter tralies laat beland het.

Stefansson kon Donderdag nie verklap of hy immuniteit in ruil vir sy getuienis sal ontvang nie.

“Hulle (ACC) het gesê hulle sal my beskerm. Ek weet nie hoe hulle dit gaan doen nie,” het hy gesê.

Stefansson het 30 000 dokumente op Wikileaks laat uitlek, insluitend e-posse, voorleggings, video's en foto's wat nou as die Fishrot Files bekend staan en wat as bewyse gedien het van die korrupsie in die visserysektor gedurende sy tyd as Samherji se verteenwoordiger in Namibië.

Sy bewyse dui op korrupsie deur Esau, Shanghala en die res van die Fishrot-beskuldigdes.

Shanghala is daarvan beskuldig dat hy visvangwette gemanipuleer het in sy tyd as prokureur-generaal om dié kabaal se verryking aan te help.

Met 'n wysiging van die wet op mariene hulpbronne kon Esau visvangkwotas toeken, waaruit Samherji grotendeels voordeel getrek het.

In onlangse argumente het die staatsaanklaer, mnr. Cliff Lutibezi, gesê die skandaal is deur 'n sindikaat georkestreer.



SMEERVELDTOG

Stefansson – lank reeds besorg oor sy persoonlike veiligheid – sê hy is nou ook die slagoffer van 'n smeerveldtog.

'n Belastingkennisgewing het aan die lig gekom waarin beweer word hy skuld die ministerie van finansies N$1,5 miljoen in die vorm van onverklaarde belasting.

“Ek het 'n salaris van Arcticnam Fishing tot byna die einde van 2016 ontvang. Ek het geen salaris in 2017 ontvang nie en verstaan dus nie die belastingkennisgewing vir 2017 nie.

“My belastingverslag vir 2016 het ek in 2017 ingedien,” het hy gesê en bygevoeg dat hy die ministerie vir duidelikheid gekontak het.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

1 uur gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

2 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

7 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

17 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

17 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

17 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

17 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

17 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

17 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...