Hoekom 'n nuwe hofsaak tot bankrotskap sal lei
Hoekom 'n nuwe hofsaak tot bankrotskap sal lei

Hoekom 'n nuwe hofsaak tot bankrotskap sal lei

Dani Booysen
MARTIN DENTLINGER SKRYF:

Laat my asseblief toe om myself uit te druk in die taal waaraan ek baie waarde heg en koester.

As sommige mense my taalgebruik nie verstaan nie is dit nie my probleem nie. Ek is wie ek is en wil niemand anders wees nie en allermins wie of wat ander van my verwag om te wees. Ek probeer nie eens om te kwalifiseer vir die uiteenlopende verwagting van ander nie.

Ek het jare terug van die afskuwelikheid van die “openbare” lewe teruggestaan. Wat my weer in die openbare realm laat beland het, is alleenlik die oortuiging dat ek nie op die kantlyn kan staan en toekyk hoedat onreg seëvier oor onskuldige mense wat nie verstaan of glo dat die hele wêreld onder die mag van die bose is nie. Alleenlik daarom het ek betrokke geraak in die oorlewingstryd van my eweknieë. Min het ek besef dat juis soveel van daardie mense vir wie soveel vooruitgegaandes hulle eie lewens op 'n altaar geplaas het so min waardering vir hulle bloedgekoopte erfenis kan betoon.

Ek skryf nie dinge in die media om iemand te beïndruk nie. Ek skryf ook nie om ander, behalwe myself, te blameer vir die die omstandigheid waarin ons ons bevind nie.



BYNA IN DIE TRONK

As ek nie die kennis gehad het wat ek in my lewensloop deur toewyding opgedoen het om die ware geskiedenis en die meganika van wet, geldwese en veral die Skrif te verstaan nie, sou ek verlede week in die tronk gesit het. Ek gee nie voor dat ek alles weet nie. My kennis is beperk, maar is genoeg om myself te navigeer in die maritieme (seevaart) oseaan van geldwese en gepaardgaande kodes wat jou daaraan vasbind en verslaaf met slaweloon en guns sonder regte om 'n klein elite soos konings te laat lewe. Boonop om hulle soos afgode te aanbid en verheerlik. Dit bring my by die punt wat ek wil maak.

Die wolf wat in skaapklere van 'n pastoor getooi is en sy regsadviseur het 'n kriminele klag onder meineed teen my gelê, maar Hy het hulle op hulle neus laat kyk. Gelukkig vir die polisiebeampte wat die klag afgeneem het, het hy of sy met wysheid gehandel deur hul op hoër gesag te beroep voordat hulle 'n onwettige arrestasie gedoen het. Anders sou hulle in persoonlike hoedanigheid moes boete doen.

Die haat en gierigheid vir geld en magsdronkheid het die klaers en mede­helpers tot kranksinnigheid gedryf. Sodanig het hulle die kaptein en sy raad wat in 2013 skriftelik bedank het, oortuig om my aanstelling as mandaathouer van die kapteinskantoor sonder bewys van skending van die mandaat terug te trek. Die rede is omdat ek in die pad staan van hulle planne om hulself deur die siviele eis te verryk.



FUTIELE OEFENING

Zandputs is nagelaat om soos al die ander grond, onder Wet 56/76, aan die regering oor te dra. Die besluit om die regering hof toe te sleep sal 'n futiele oefening wees omdat hierdie grond, soos al die ander, met vrywillige toestemming onder titelakte van die regering besit word. Die grondeis onder statutêre jurisdiksie kan en sal nie slaag nie en sal die gemeente bankrot laat. Let wel: 'n bankrot boedel het geen stand in die hof nie en die gemeente sou vir dertig jaar moet wag om solvensie te bewys indien hulle die vermoë wonderbaarlik sou bekom.

'n Ander feit waaroor besin moet word, is dat sou daardie saak aanhangig gemaak word, sal die sogenaamde kapteinsraad verantwoordelikheid moet neem vir wat daarop kan volg. Hulle vergeet dat hulle saam met my, as mandaathouer, die grondeis aan die regeringshoof onder die interasio­nale vredesvlag onderteken het. Om daarna vyandig teen die regering op te tree deur 'n hofsaak aanhangig te maak, sal volgens die “Lieber Code” en “Bankrotskapwet van 1933” die regering alle mag gee om sy volle mag in Rehoboth te ontplooi.

Ek sal dus geen keuse hê as om myself en die drie honderd mense wat hom skriftelik versoek het om hulle belange uit die kapteinskantoor te bewaar van daardie saak te distansieer nie. Daardie amptelike kennisgewing sal aan die hoofregter en regeringshoof gerig word om groot leed vir die burgers te probeer verhoed.



WIE HET EERSTE BEDANK?

Die kaptein se bedanking in 2013 is op skrif, geteken en afgelewer. Dit voldoen aan al die wetlike vereistes in enige hof. My geïnsinueerde bedanking is 'n klug en bestaan nie. Om my bedanking te bewys, moet dit aan dieselfde regsvereistes hierbo genoem voldoen en boonop voor die geregistreerde lidmate van die gemeente voltrek word.

Wat die gewese kaptein en sy fiktiewe kapteinsraad en raadgewers nie besef nie, is dat die hele rompslomp net 'n skaakspel vir my is waarin ek met die opponerende stukke speel. As hulle 'n aanvallende skuif maak, sal ek 'n teenskuif maak om hulle onkunde te demonstreer. Soos met die kriminele klag bewys is.

Die reëls van die spel is dit:

Die een wat die reëls oortree, verloor die spel.

Die een wat die wedstryd eerste verlaat, verloor die spel.

Hy wat die wedstryd begin het, moet in die spel bly tot daar 'n wenner aangewys word of die wedstryd verby is.

Toe die kapteinskantoor toegesluit is en die slotte vervang is, het die onkundiges die reëls oortree en skade aan onskuldiges veroorsaak. Hulle het verwag dat ek die slotte sal afbreek, maar het hulle misgis.

Inteendeel, ek het die lidmate versoek om nie die slotte af te breek nie, of gewelddadig op te tree nie, maar met daardie saak op 'n ander tyd en op 'n ander manier te handel. Dit geld ook vir die kontant van die gemeente wat met bedrieglike dokumentasie bekom en onttrek is.

Wanneer 'n mens ander mense se hulpbronne sonder toestemming gebruik, waarvoor ander gesweet het, is die gebruiker daarvan 'n parasiet wat teer op die lewensbloed van ander. Wanneer jy boonop versuim of weier om verslag te doen oor die fondse wat met magsvertoon, onder protes bekom is, het jy die reëls oortree.

Vir nou laat ek die boedels, grondtransaksies, ens. vir 'n ander geleentheid.

Die feit is, jy kan nie met vuil hande in die hof staan nie.

Met deernis en respek gesê, jy kan ook nie ander lei as jy jouself nie kan lei nie, maar ander nodig het om jou te lei.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.54 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.84/OZ UP +0.56% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 883.10/T UP 1.01% | Brent Crude Oil US$ 89.22/BBP UP +0.36% | Platinum US$ 913.68/OZ DOWN -0.0024 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.54 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.84/OZ UP +0.56% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 883.10/T UP 1.01% | Brent Crude Oil US$ 89.22/BBP UP +0.36% | Platinum US$ 913.68/OZ DOWN -0.0024