Hoe vroeër, hoe beter
’n Kind se vroegste lewensjare word wêreldwyd erken as die belangrikstes om ‘n sterk basis vir optimale groei en ontwikkeling vas te lê.
In die lig hiervan het die belegging in vroeë kinderontwikkeling (ECD) ‘n onweerlegbare invloed op kidners se langtermynwelstand en prestasie.
ECD is daarop gemik om kinders se holistiese ontwikkeling te verseker en sluit die ontwikkeling van hul fisieke, emosionele, kognitiewe, maatskaplike en kreatiewe vaardighede in.
Goeie ECD begin tuis by ouers of versorgers, asook ECD-sentrums, skole, klinieke en hospitale.
‘n Nasionale veldtog is nou van stapel gestuur om bewusmaking van die belangrikheid van ECD in Namibië te bevorder.
Die veldtog is ‘n gesamentlike insisiatief van die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, die Europese Unie (EU), Interteam en die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef).
Die veldtog duur nege maande en teiken rolspelers deur middel van spesifieke boodskappe in die massa- en sosiale media, en sluit uitreikaksies in die streke in.
Die indeks dui blykbaar aan sy twiets het statisties ’n wesenlike impak op die opbrengskoerse van Amerikaanse staatseffekte.
Me. Anna Nghipondoka, adjunkminister van onderwys, kuns en kultuur, het tydens die bekendstelling gesê ECD is die grootste geskenk wat ’n kind kan ontvang.
“’n Kind wat voordeel getrek het uit ’n ECD-program wat goed geïntegreer is, sal beter op skool vaar omdat sy vroeë breinontwikkeling die basis vir verbeterde geletterdheids- en syfervaardighede lê, terwyl dit ook hul taalontwikkeling en probleemoplossing sal verbeter,” het sy gesê.
Deel van die veldtog is ook ‘n televisiereeks wat op die nasionale uitsaaier (NBC) met die ondersteuning van Unicef en die EU uitgesaai sal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie