Hoe ’n millennial se kop werk

Lloyd Zandberg
Lloyd Zandberg - Onder ‘n swaar, groen boom op ‘n ou tuinstoel sit Elzaan de Klerk. Langs haar is ‘n handsak wat met die Britse landsvlag bedek is en voor haar ‘n deurskynende drinkdingetjie.

Elzaan is ’n millennial - daai generasie wat min of meer tussen 1982 en 2004 gebore is.

Sy beskryf haarself as ‘n multipotentialite - soos baie van haar portuurgroep. Wat is dit? Hoe raak mens dit? Is dit ooit 'n woord?

“Kom ek verduidelik vir jou wat dit beteken,” sê sy.

“Mag ek dit in Engels sê? Multipotentialites have many different interests and creative pursuits in life. Multipotentialites don’t have one true calling the way specialists do. Being a multipotentialite is our destiny. Ek sukkel gewoonlik om presies wat ek doen aan mense te verduidelik.”

Sy laat jou met baie vrae.

“Ek is baie dinge. Gebore in Bloemfontein, het my lewe begin as ‘n plaasmeisie wat mieliestronke versamel het en klere vir haar Barbies gemaak het. Vandag is ek ‘n stadsmeisie met dieselfde Vrystaat-hart.

“Ek is altyd baie benoud as iemand my vra waar ek vandaan kom, want ek kom van oral af. En ek wil nie soos ‘n slegte Facebook quote klink nie, maar ek is ‘n wêreldburger. As kind het ons Namibië toe getrek en hier was ek vir agt jaar. Die Kaap was ons volgende stop en daar het ek mens geword en matriek voltooi. Op hoërskool het ek agtergekom ek weet nie wat ek eendag wil word nie, want ek wil meer as een ding wees. Ek wil meer as een beroep hê.”

Elzaan sê sy het op hoërskool aan alles wat kuns en kultuur behels, deelgeneem.

“Ek het ook vir die kaas-en-wyn-span netbal gespeel,” sê sy met ‘n ligte giggel.

“Om ‘n vinger in elke pastei te hê, is ‘n understatement. Alles vanaf liedjieskryfkompetisies tot drama het deurgeloop. Dis ook in my matriekjaar wat ek moes aanvaar dat ek ‘n totale control freak is. Dis seker hoekom ek daai tyd met die prys vir beste verhoogbestuurder van ‘n produksie tydens die AKTV-tienertoneelkompetisie by Aardklop weggeloop het.”

Dis indrukwekkend om te dink iemand weet op ‘n jong ouderdom so baie van haarself.

“Ná skool moes ek myself van voor af bewys deur universiteit toe te gaan. Ek is Potch toe met ‘n akademiese beurs, maar het gou besef hoewel ek in teorie die ideale student is, die werklikheid ‘n ander storie was. Ek het teruggekom Namibië toe om ‘n gap-jaar aan te durf en daarna is ek Amerika toe.”

Sy verwys na haar tyd in Amerika as dié deel van haar bestaan waartydens sy haarself en die lewe beter leer ken het.

“Selfaanvaarding is ’n moeilike reis - ongemaklik en opwindend. Tydens die 18 maande wat ek daar as au pair gewerk het, het ek deur die Universiteit van Kalifornië (UCLA) ‘n geskiedenis-, kuns- en literatuurkursus voltooi.

“Daarna het ek my grimeerkleure verwerf. Ek het by ‘n wonderlike grimeerskool ’n meester-grimeerkursus voltooi en kyk sedertdien nie terug nie.

“Amerika was my Wonderland. Amerika en die mense wat ek daar leer ken het, het my fondasies geruk en my siening oor alles verander.”

Ná haar tyd in Amerika het Elzaan na Suid-Afrika teruggekeer en besluit om haarkappery aan te durf.

“Ek het by Carlton Hair International aangesluit. Dit het my verras. Ek was mal daaroor. In hierdie tyd is Camlo Artistry gebore. Ek is só opgewonde oor my toekoms, asook oor wat Camlo Artistry kan wees. Een van die dae sê ek weer bon voyage aan my mense en alles wat ek ken om die onbekende te gaan verken. En ek kan nie anders as om te glimlag nie.”

Wat besonders aan Elzaan is, is dat sy haarself en al haar fasette voortdurend verken. As jy ooit al gevoel het jy weet nie lekker wat jou roeping op aarde is nie, is dit oukei.

‘n Multipotentialite is ‘n ding. En dit is piekfyn as jy ook een is.





Hoe het dit gebeur dat jy in so baie verskillende rigtings belangstel?

Ek is gebore, dis hoe dit gebeur het. Ek het net gevoel ek hoef nie myself in ‘n boks te sit om net een ding te doen nie en in een ding goed te wees nie. Ek het so baie belangstellings en ek het besluit om hulle almal te verken en op die ou einde vorm hierdie reis alles deel van die visie wat ek vir myself het. En die visie is om al hierdie klein dingetjies een groot ding te maak. Ek beskryf dit as ‘n kaaskoekresep – want ‘n resep het ’n klomp stappe, veral as dit by ‘n kaaskoek kom. Hierdie stappe maak nie noodwendig tydens die proses sin nie, maar as jy weer kyk, het jy ‘n volmaakte kaaskoek. ‘n Mens moet die proses vertrou.

Hoe het jy met die naam vorendag gekom?

Ek sien myself as ‘n modern day gypsy, of ‘n rustelose siel as jy moet, en ek wou ‘n naam hê wat persoonlik is, maar ook professioneel. Juis sodat mense daaroor wonder. Camlo is ‘n gypsy-naam wat beautiful beteken en dit gaan gepaard met die bedryf waarin ek tans werk. Artistry is die versamelnaam vir my resep. Dit sluit al die bestanddele (al die fasette van wat ek doen) in.

Wat bied Camlo Artistry?

Tans bied ek professionele grimering, haarstilering en voorkomskonsultasies aan. Ek bied ook persoonlike grimeerlesse aan. Bruide, spesiale geleentheidsgrimering, fotografiegrimering, modegrimering en nou en dan kuns (avant-garde). Harestilering sluit alles omtrent hare in. Camlo bied ook persoonlike stilering in mense se tuistes aan. Voorkomskonsultasies is een van die nuwe rigtings waaraan ek tans werk en ek beoog om die alledaagse vrou haar eie styl te help ontdek. Dit kan as ‘n one-stop shop beskou word.

Wat is die grootste grimeerfout wat mense maak?

Daar is twee wat na my mening gereeld voorkom: Vrouens is bang om met klonterige maskara te werk. Die klonte gee jou meer volume in jou wimpers en laat die wimpers soms langer vertoon, waar ‘n spliternuwe, soomlose maskara dramaloos en dus doelloos is. Die ander fout is hul keuse van onderlaag - beide die tipe onderlaag én die kleur. Meeste van ons is verkeerd geleer hoe om die kleur reg te toets. Elke veltipe benodig ‘n verskillende tipe onderlaag. Jy kry byvoorbeeld poeieronderlaag, vloeibare onderlaag en room. Onder daai drie val ander soorte, maar hiervan kan jy meer van leer by my doen-dit-self werkwinkels.

Wat is die beste raad wat jy al van iemand ontvang het?

Iemand het al vir my gesê moenie bang wees vir jou eie idees nie - al klink dit hóé absurd. Ek dink altyd so daaraan: Stel jouself voor hoe moes Thomas Edison gevoel het toe hy die gloeilamp-idee moes voorlê.

‘n Aand op die dansvloer of op die bank?

Dit is verskriklik moeilik vir my om dit te kan beantwoord. Want ek het nie ‘n tipe aand, of ‘n tipe vriend of ‘n tipe man of ‘n tipe iets nie. Ek het nie ‘n tipe nie.

As jy enige celeb kon grimeer, wie sou dit wees?

Margot Robbie.

Waar wil jy eendag aftree?

Hoewel ek nie ’n naam vir die plek het nie, weet ek hoe dit sal lyk - ‘n plek met ‘n uitsig oor water. Hetsy dit die see, ‘n rivier of ‘n dam is, maak nie saak nie, daar moet net water wees. ‘n Plek waar ek uiteindelik kalmte kan vind en net kan wees.

Wat is jou mening oor aardverwarming?

Dit is beslis ‘n ding, maar ek is nie eintlik iemand wat hou van Carte Blanche of die nuus nie, want dit maak die lewe net minder soet.

Wat is die lekkerste van jou beroep?

Om mense te verras en te sien hoe hulle hulself verras.

Buiten jou passie vir grimering, die estetiese, hare en mode, watter ander belangstellings het jy?

Ek hou daarvan om nou en dan ‘n glas wyn te gooi, ‘n pot aan te sit en te kyk waar die aand my heen neem, terwyl my absurde playlist in die agtergrond gil. Lees en skryf is ‘n groot liefde van my en as jy my skrikmaak en ‘n skilderdoek gee, ontstaan daar dalk net ‘n meesterstuk. Laastens, maar beslis nie die minste nie, versamel ek paspoortstempels en herinneringe.

Jy is net tydelik hier. Hoe vind jy dit sover? Wat volgens jou is die grooste verskille tussen Suid-Afrika en Namibië?

Ek ken vir Namibië goed. Maar sy verras my steeds elke keer. Dis lekker om een keer ‘n jaar terug te kom en nuwe hoekies te ontdek waar ek nog nooit was nie. Ek geniet dit om tyd met my familie en vriende te spandeer. Ek waardeer ook die kalmte.

Die grooste verskil tussen SA en Nam in my bedryf. Namibiërs is baie meer konserwatief, maar vriendeliker as Suid-Afrikaners.

Is daar iets wat jy nog wil doen?

Nog baie. Ek wil baie graag die modewêreld verder verken. Ek sal ook nie huil as ek ‘n rubriek of twee in ’n mode- en skoonheidstydskrif kan publiseer nie. Ek wil ‘n boek skryf, maar ek dink almal sê dit. En die res van die wêreld, sy mense en sy dinge verken.

Wat is die mooiste plek waar jy al was?

Praag in die middel van Augustus. Ek het in die middestad gesit, ‘n morsige stuk pizza geëet en myself aan die romanse van die stad verkyk. Dit is die naaste wat ek al aan ‘n sprokie gekom het.

Wat maak Namibië uniek?

Die feit dat dit ‘n groot land is met ‘n klein dorpie se sjarme en warmte.

Wat is volgende vir Elzaan?

Ek is lank nog nie klaar met die wêreld nie. Ek wil volgende die bedryf oorsee gaan verken en my vaardighede gaan opknap en kyk hoe die ander helfte lewe. En ek wil nog meer van myself leer. Dalk vind ek nog liefdes en vergroot ek my visies verder.

Hoe en waar kan ons jou in die hande kry?

Stuur navrae aan [email protected] of kontak Elzaan op Instagram @artistycamlo.

Is daar iets wat jy haat?

Boksies.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026