Hoe gemaak met die taal?

16 January 2020 | Rubrieke
Nie net ons s’n nie.

Of geleendes nie. Ook die inheemses.

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur wil voor die boekjaar se einde ‘n groot indaba oor Engels hou. Nóg ‘n (duur) nasionale konferensie oor nog ‘n saak wat ons die afgelope drie dekades beter kon bestuur het?

Die taaltameletjie – die baie skoolverlaters wat nie behoorlik kan lees, skryf en selfs praat nie – draai die week op die sakelys in ‘n redaksievergadering. “Selfone se skuld . . .” is een van die reaksies. En daarin steek ‘n mate van waarheid, maar daar is ook baie ander oorsake vir al stomper taalswaarde, wat ook ‘n ontmagtigende invloed op ander skoolvakke en feitlik alle ander lewensfasette van nie net jonges nie, maar enige mens kan hê.

Let wel: Niemand sê elkeen moet ‘n Shakespeare of ‘n Van Wyk Louw wees nie.

Die agteruitgang in taalvernuf is ‘n wêreldwye tendens en nie net eie aan Namibië, Suider-Afrika of selfs minder ontwikkelde lande nie.

Op die kassie vertel ‘n Amerikaanse kenner onlangs op die kanaal Curiosity Stream van die lewens van die legendariese gebroeders Orville en Wilbur Wright. (Skoolkinders wat nie weet wie en wat nie, moet maar Google se e-boeke gaan oopslaan.) Hy merk op watter wonderlike briewe hul geskryf het, nog in ink op pampier natuurlik, en sê ook in die VSA moet studente wat met graadkursusse begin heropleiding in basiese skryftake ontvang. Dié TV-program is maar net twee of drie jaar oud.

Dalk besef nie almal hoe erg dit is as meer as 60% en selfs meer as 80% van graad 12’s op gewone vlak nie ‘n D-simbool of beter punte vir Engels tweede taal kan behaal nie? Hopelik nie omdat nie kan lees en verstaan waaroor dit alles nou eintlik gaan nie.

Tweede taal toets ook net basiese vaardighede. En ‘n D is omtrent 50%. Wat beteken die leerling het net die vaardighede half bemeester; of die helfte van vaardighede.

Geen verband in die geval met die uitdrukking ‘n goeie begrip verg net ‘n halwe woord. Om doelbewus in ‘n taal skryffoute deel van jou goëlwerk te maak, moet jy die uiterste beheer oor onder meer spelling, grammatika, register en styl hê.

‘n Mens wil ook trane stort oor die feit dat net 202 leerlinge nog Afrikaans as eerste taal op hoërvlak geneem het. In Engels eerste taal was daar 409 inskrywings. In Duits eerste taal was daar 31 kandidate.

Op gewone vlak was daar darem nog 201 eerste taal-inskrywings in Afrikaans. In Engels was die getal 107 en in Duits . . . Vier. Eina!

Hierdie drie taalgemeenskappe is dus besig om toenemend tweede taal-gemeenskappe te word.

Wat goed is, is dat inheemse eerste tale se inskrywingsgetalle op hoërvlak al vir jare wonderlik gedy. Maar ook hier is eerstetaalfunksies waarskynlik beperk en dit is in die ampstaal waarin die meeste skoolverlaters sal moet gaan studeer en werk.

Nie net bedreigde betale word bedreig nie.

Die Verenigde Nasies het ‘n klassifisering vir tale soortgelyk aan bedreigde spesies van fauna en flora. Kategorieë wissel van kwesbaar tot beslis bedreigd, ernstig bedreig, kritiek bedreig en . . . Uitgesterf.

Byna 3 000 tale word bedreig. Daar is amper 7 000 tale (sonder duplikaatvorme).

Die uitsterwing van ‘n taal begin wanneer mense nie meer die taal wat hulle oorerf as eerste taal gebruik nie.

Langenhoven het eens opgemerk: “Hoe meer tale man kan, hoe meer male kan man.” ‘n Ander weergawe lui: “Soveel tale ‘n man kan, soveel male is hy man.”

Gestroop van die seksisme: Daar skuil kennis, mag en versoening in veeltaligheid. Beslis.

Maar dit is geldig om te wonder hoekom ons Swahili wil invoer in leerplanne – as ons nog nie eens ons ampstaal en ander tale behoorlik bemagtig het nie. Net omdat iemand anders daarvoor gaan betaal?

(Khoekhoegowab word steeds nie op hoërvlak aangebied nie.)

Oor taal raak Dapperrerige Daniëltjie soms so sprakeloos dat net een woord oorbly: Oi!?

Soortgelyk

 

Bank en depot sal nie sluit nie, sê Peya

20 minute gelede | Regering

Denver Kisting – Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, dr. Peya Mushelenga (foto, Nampa), sê mnr. Knowledge Ipinge, raadslid van die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, het...

Namibië het nou 22 bevestigde Covid-19-gevalle

28 minute gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19, geval nr. 22, is in 'n kritieke toestand en gekoppel aan 'n ventilator in 'n intensiewesorgeenheid aan die...

B-dag: Maak of breek

11 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

11 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

11 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

11 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

11 ure gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...

Stappe by Covid-drywer se stoppe

11 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang...