Hoachanas se vroue ruk op
Hoachanas se vroue ruk op

Hoachanas se vroue ruk op

''n Versoekskrif teen die toestaan van borgtog aan ''n vermeende babaverkragter is aan die polisie oorhandig.
Augetto Graig
Augetto Graig



Vroue op Hoachanas het Vrydag - dieselfde dag waarop die 16 dag-veldtog teen geweld op vroue kinders landswyd afgeskop het – ''n vreedsame betoging op dié klein Suidedorpie gehou en ''n versoekskrif aan die polise oorhandig nadat ''n baba van vier maande na bewering verkrag is.

In die versoekskrif eis die vroue onder meer dat die verdagte, wat vandag in die hof op Mariental verskyn, geen borgtog kry nie en uiteindelik die swaarste, moontlike vonnis opgelê word. Die 38-jarige verdagte is tans op borgtog wat uit twee vorige verkragtingsklagte teen hom spruit.

“Vroue en kinders verdien liefde en sorg, nie om verkrag of soos diere vermoor te word nie,” het die gemeenskapleier, me. Maureen Jantze, die versoekskrif voorgelees.

Die stowwerige dorpie sowat 57 oos van Kalkrand steier nog onder die skok van verlede week toe die baba na bewering in haar ouerhuis verkrag is. Hoachanas bestaan uit verskeie regeringskantore, drie wettige sjebeens en ''n nuwe nywerheidsentrum. Armoede is volop en werkloosheid ''n euwel.

“Ons hoop die verdagte besef sy gedrag is nie net verkeerd nie, maar onaanvaarbaar vir die samelewing en dat hy dit berou en nooit weer sal doen nie,” lui die versoekskrif.

“Ons eis van die polisie om te sorg dat die verdagte sielkundige evaluering ondergaan om vas te stel watter tipe seksuele afwyking hy het om dit te behandel. Ons moet die oorsaak van die wond en nie net die wond self nie behandel,” sê Jantze.

Die vroue van die dorp het voorts ''n beroep op die polisie gedoen om drankmisbruik in die gemeenskap te bekamp. Hulle glo drankmisbruik is die grootste oorsaak van geweld teen vroue en kinders asook ander maat­skaplike euwels op die dorp.

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° #N/A #N/A