Hoë Noord-Koreaan se besoek afgelas
Hoë Noord-Koreaan se besoek afgelas
15 March 2017 | Politiek
Estelle de Bruyn - Die beplande besoek van die Noord-Koreaanse minister van buitelandse sake, Ri Yong-ho, aan Namibië, gaan nie meer plaasvind nie.
Republikein het Dinsdag berig oor die beplande besoek wat die potensiaal het om vir Namibië 'n groot verleentheid te wees. Republikein het gistermiddag betroubaar verneem die Namibiese regering het na aanleiding van mediaberigte “wakker geskrik” en besluit dit is in die beste belang van die land dat die besoek nie meer plaasvind nie.
Namibië se noue bande met Noord-Korea is die afgelope jare onder die vergrootglas met internasionale kommer wat uitgespreek is oor die blatante en byna uitdagende houding waarmee Namibië, en in die besonder die ministerie van verdediging, voortgaan om boukontrakte aan die Noord-Koreaanse Mansudae Overseas Projects (MOP), 'n frontorganisasie vir Korea Overseas Mining and Development (Komid), toe te ken – optrede wat 'n skending van Verenigde Nasies se resolusies is. Dit is nie bekend op watter regeringsvlak die besluit geneem is om die besoek af te las nie.

Soortgelyk
Wilde perde: Jongste vul reeds aangeval
5 ure gelede | Ministeries
Leerlingdokters 'van swakker gehalte'
5 ure gelede | Onderwys
Regulasies vir loterye en dobbel kom
5 ure gelede | Toerisme
Gesondheidsmanne vas oor hospitaaltender
5 ure gelede | Ministeries
Weer, Woensdag 20 Februarie 2019
5 ure gelede | Weer
Twee kinders met stok doodgeslaan
5 ure gelede | Misdaad
Weerwaak teen hitte uitgereik
5 ure gelede | In beeld
Duister SA bekommer NamPower nie
5 ure gelede | Energie
Pack Safari open toergids-akademie
5 ure gelede | Toerisme
Kleinadvertensies