Hou00eb boer 18 jaar sonder om sent te betaal
Hou00eb boer 18 jaar sonder om sent te betaal

Hoë boer 18 jaar sonder om sent te betaal

'n Geskiedenis van boer-sonder-om-te-betaal het in die hoërhof ontvou.
Yanna Smith
Yanna Smith - Agribank het gister ‘n verstekvonnis teen ‘n hoë amptenaar in die ministerie van myne en energie verkry, asook ‘n hoërhofbevel vir die geregtelike veiling van sy landbankplaas waarop hy sedert die aankoop in 2002 nie ‘n enkele terugbetaling gemaak het nie.

Die verstekvonnis van N$3 666 716,44 is vir die plaas Rustig wat mnr. Daniel Ndjai Gerson Zaire, adjunk-direkteur van elektrisiteit in dié ministerie, op 13 Desember 2002 vir N$2 259 000 met ‘n lening van Agribank gekoop het. Dié plaas van 6 760 ha is naby Windhoek geleë.

“Hy het sedert 2003 nie een van die jaarlikse paaiemente terugbetaal nie,” sê me. Stephanie de Klerk, bestuurder van Agribank se regsafdeling, in die funderende eedsverklaring.

Zaire was op 7 Mei 2015 een van 810 voorheen benadeelde grondeienaars wat die voormalige minister van grond en hervestiging, mnr. Alpheus !Naruseb, deur middel van ‘n kennisgewing in die Staatskoerant van die betaling van grondbelasting vrygestel het.

Die regering is aanvanklik deur Agribank as die tweede verweerder gelys aangesien mnr. Nangolo Mbumba op 27 November 2002 as die destydse minister van finansies ‘n waarborg van N$938 000 vir die kooptransaksie van dié plaas aan Agribank uitgereik het.

Die regering het egter ‘n kennisgewing by die hoërhof ingedien waarin hy aandui dat hy die eis gaan teenstaan. Dit het daartoe gelei dat Agribank die saak teen die regering teruggetrek het en net teen Zaire met sy regsaksie voortgegaan het.

Dit blyk uit die stukke Agribank se aansoek is op 24 Augustus ingedien kort nadat regter Collins Parker ‘n verstekvonnis in ‘n ánder eissaak teen Zaire uitgereik het en daardie skuldeiser op die plaas wou beslag lê.

PDS Holdings (BVI) Limited het Zaire vir N$3 miljoen gedagvaar nadat ‘n transaksie vir ‘n eksklusiewe prospekteringslisensie (EPL) suur geraak het.

Dit blyk uit die stukke Zaire het deur sy beslote korporasie Omaue Trading die EPL nr. 4433 aan PDS Holdings verkoop. Laasgenoemde, wat van die Britse Maagde-eilande af sake doen, wou egter vir “kernbrandstowwe” prospekteer, waarvoor dié betrokke EPL nie geskik was nie.

PDS Holdings het egter op 13 Desember 2010 N$3 miljoen, waarvan N$1,5 miljoen ‘n lening was, aan Zaire voorgeskiet. Dié maatskappy het eers in April 2011 van die EPL se beperkinge uitgevind.

Die verkoop van hierdie EPL was in daardie stadium ook in die aanlyn korrupsiewaghond Corruption Tracker se ondersoekvisier. In 2014 is ‘n familielid van Zaire vir bedrog in hegtenis geneem. Dit het verband gehou met hierdie verkoopstransaksie met PDS Holdings.

Laasgenoemde het hom egter tot die hoërhof gewend in ‘n poging om sy geld van Zaire te verhaal. Op 13 March 2014 het die hoërhof gelas dat Zaire N$3 miljoen, plus 20% rente per jaar, aan PDS Holdings moet betaal.

Aangesien Zaire geen ander roerende bates as die plaas gehad het nie, is die geregtelike veiling van Rustig gelas. Dit blyk Agribank was in daardie stadium salig onbewus van hierdie verwikkelinge.

Die veiling is in die media geadverteer en die plaas is op 14 Julie 2015 vir N$20,5 miljoen aan Grace Investments 121 en 122 verkoop.

Toe dit aan die lig kom die nodige stappe is nie gevolg nie en dat die plaas nie vóór die geregtelike veiling eers ingevolge die grondhervormingswetgewing vir die regering aangebied is nie, het die transaksie deur die mat geval.

Op 16 Mei vanjaar was die saak terug in die hof en die kantoor van die adjunk-balju het opdrag gekry om die plaas vir die regering aan te bied, wat 60 dae gegun is om vrystelling vir die verkoop daarvan te gee indien hy dit nie self vir grondhervorming wou koop nie.

Op 24 Augustus het Agribank hom tot die hof gewend om sy aanspraak op die plaas op te eis.

Dit blyk uit die hofstukke dat PDS Holdings nie verdere regstappe gaan doen om sy verlore N$3 miljoen te probeer verhaal nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.75/OZ UP +0.39% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.50% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.94/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.75/OZ UP +0.39% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.50% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.94/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042