Hiér is Facebook se antwoord op bitcoin

20 June 2019 | Tegnologie
William Horne – Teen 2020 gaan jy met Facebook se nuwe kriptogeldeenheid, die libra, enigiemand op enige plek deur onder meer Facebook, Messenger of WhatsApp regstreeks kan betaal.

Die libra sal ook sy eie onafhanklike app hê.

Die sosialemediareus het Dinsdag sy antwoord op bitcoin en ander kriptogeld bekend gestel met die oog om ’n wêreldgeldeenheid te skep.

Libra gaan soortgelyk aan bitcoin deur middel van ’n blokketting of gedesentraliseerde grootboek bedryf word. Facebook glo egter dat kriptogeld slegs finansiële inklusiwiteit kan bevorder en werklik as ’n alledaagse geldeenheid kan optree as sy waarde nie so onstuimig is nie.

Daarom gaan die libra ’n sogenaamde stabiele munt wees waarvan die waarde teen ’n mandjie bates en ander geldeenhede vasgepen sal word.

Die libra gaan beheer word deur ’n konsortium bekend as die Libra Association, wat reuse soos Visa, Spotify,

Mastercard, Uber, PayU, PayPal, Coinbase, en Vodafone

insluit. PayU is ’n filiaal van Naspers.

Facebook self sal dus net een stem hê oor bestuursbesluite, soos elkeen van die belanghebbendes.

Elkeen van die belanghebbendes moes $10 miljoen opdok om deel te vorm van die konsortium, berig The Guardian.

Die vereniging het vir Facebook meer as $1 miljard gegee om die nuwe kriptogeld op dreef te kry.

Die aandeelhouers sal rente verdien uit die deposito’s van gebruikers wat op die libra-platform gestoor sal word en ingespan sal word om te veel wisselvalligheid in die geldeenheid se waarde te help voorkom, berig die Financial Times.

Volgens TechCrunch is die kombinasie van Facebook se metode om wisselvalligheid in die libra se waarde te voorkom, tesame met sy regstreekse toegang tot 7 miljoen adverteerders en 90 miljoen kleinsakeondernemings op sy platform, ’n voorsprong wat kriptogeld soos bitcoin nooit gehad het nie.

Calibra

Vir verbruikers wat bekommerd is oor Facebook se toegang tot hul persoonlike data, is Calibra die maatskappy se antwoord.

Dié nuwe onderneming is onafhanklik van Facebook gestig om te verseker dat jou bestedingspatrone met die libra nie met jou sosialemediadata gemeng word nie. Dit sal, byvoorbeeld, vermy dat jou inkopies geteikende advertensies op jou Facebook-profiel beïnvloed, of die komende advertensies op WhatsApp.

Volgens Facebook sal sy finansiële dienste bestaande regulasies eerbiedig, maar wel internasionale en plaaslike oorbetalings beduidend vergemaklik en waarskynlik die goedkoopste transaksionele diens ter wêreld word.

Die maatskappy, wat reeds 2,1 miljard aktiewe verbruikers het wat ten minste een van sy dienste gebruik, beoog om ook die libra in te span om spoedig die 31% van die wêreldbevolking wat nie toegang tot bankdienste het nie, te help opvang.

Volgens TechCrunch is Facebook ook nie besig om so gou as moontlik die libra vir enorme winste in te span nie, en blyk hy die diens volhoubaarder te benader.

Die maatskappy glo in plaas van hoë gelde te vra, is inklusiwiteit ’n beter doeleinde wat nie-regstreeks tot sy inkomste kan bydra.

“As meer kommersiële aktiwiteit so aangemoedig kan word, dan sal meer kleinsakeondernemings meer en meer verkope hê, sowel op as af van ons platform af,” het David Marcus, Facebook se adjunkpresident van kriptogeld, Dinsdag in San Francisco gesê, luidens TechCrunch.

“Dan sal hulle meer advertensies op Facebook wil koop, so dit sal dan goed wees vir ons advertensiebesigheid.” – Netwerk24

Soortgelyk

 

The rose among the thorns

1 dag gelede | Mense

Justicia Shipena It would be difficult to meet anyone who is as passionate about food and educating people about a vegan diet than 25-year-old...

A peek into the HR world

1 dag gelede | Mense

Julia MushellengaThere are a few initiatives one can use to empower employees, but my main preference is through engagement. It’s important to create engagement platforms...

Fishrot-klankie tref korrupsie-indeks

1 dag gelede | Misdaad

Jo-Maré Duddy - Hoewel die Fishrot-skandaal in die jongste korrupsieverslag van 'n internasionale waghond vermeld word en Namibië vier plekke op 'n wêreldindeks moes inboet,...

Boere betáál vir ‘katkoppe’

1 dag gelede | In beeld

Veilingspryse vir tollies en verse bereik tans nuwe rekordhoogtes, met die hoogste prys van N$47,37 per kg wat vandeesmaand tydens ’n Blaauwberg-veiling op Grootfontein betaal...

Swartlys sy voorland, sê Hatuikulipi

1 dag gelede | Howe

Denver Kisting - Die eertydse uitvoerende hoof van Investec Asset ­Management en een van die sogenaamde Fishrot-beskuldigdes, mnr. James ­Hatuikulipi, sê sy bankrekening is N$150...

Bank Windhoek assigns Muukua with CSI and Stakeholder Engagement...

1 dag gelede | Gemeenskap

Bank Windhoek has appointed Veripura Muukua as its new Communication Practitioner, tasked with Corporate Social Investment (CSI) and Stakeholder Engagement, effective Wednesday, 15 January 2020.In...

Investing in the people

1 dag gelede | Gemeenskap

Mariselle Stofberg“A new decade signals a time for reflection and focus on new opportunities that lie untapped before us. A decade passed teaches of victories,...

Commit to be fit

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg It takes exceptional perseverance and determination to continue to chase your dreams despite adversity and complications that may arise. Jonathan Mweneni Mwafangeo has...

The value of the journey

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg“So many times I focused on what I wanted to become, neglecting the process required to get there. As I matured, I realised the...